Afri-Visie - Begin Maandag 30 Maart om 20:30
kykNET is trots om aan te kondig dat ons binnekort ‘n unieke en dinamiese koers inlsaan ten opsigte van Afrikaanse vermaak én televisie-innovering. Die loods van ons Afri-Visie – “Skryf ‘n Treffer”-kompetisie het die musiekwêreld aan die gons.
Dié unieke platform, waarvan die eerste episode op die 30ste Maart om 20:30 op kykNET geloods word, vorm die basis vir kykNET se soeke na nuwe, vars en oorspronklike Afrikaanse liedjies. In hierdie die geval is die liedjie egter die ster in die verhaal en die skryf daarvan die deurslaggewende faktor.
https://www.youtube.com/embed/qnlbsfMXc4U
Saam met Nico Panagio as aanbieder is Afri-Visie bevoorreg om as beoordelaars die dienste van musieklegendes Loyiso Bala, Pierre Greeff en Joe Niemand te kon bekom. Hulle ervaring met uiteenlopende musiek-genres maak hulle die ideale keuses en die unieke insette wat hulle deelnemers kan bied is van onskatbare waarde. Al hierdie elemente beloof om as katalisator te dien vir die volgende groot Afrikaanse treffer.
Altesame 1575 liedjies deur 411 liedjieskrywers is ontvang en in die eerste episode word daar geloer wat gedurende die uitdunne gebeur het. Ons ontmoet vername gaskunstenaars soos Bouwer Bosch, Danie Niehaus, Hunter Kennedy, Matthys Roets en André Swiegers, en hoor wat dit behels om ‘n trefferliedjie te skryf.
*Lees meer oor Afri-Visie.
Proesstraat - Begin Woensdag 1 April om 21:00
Na 3 uiters suksesvolle reekse is die Proesstraters (Melt, Pierre, Wikus en Cindy) terug vanaf Woensdag 1 April 2015 om 21:00 om ons maagspiere behoorlik te laat kielie!
Waldi Schultz keer terug vanuit die verre, en Nina Swart en Pedro Kruger is ons nuwe spelleiers. ’n Splinternuwe reeks wat jou behoorlik gaan laat PROES!
*Lees hier meer oor episode 1.
Kampkos - Begin Donderdag 2 April om 17:30
Daar is niks so lekker as om lekker te kan eet nie! En as ‘n mens kamp dan wil jy smullekker maaltye en lekkernye – eenvoudig en maklik - voorberei en geniet! En as jy dit alles kan deel met goeie geselskap van vriende en familie – wel dan eet jy nie net lekker nie, maar dan kuier jy nét so lekker!
Kampkos is ‘n uitbreiding van kykNET se Leefstyl- en Kampeerprogram SleepTV en ‘n unieke benadering tot die kookprogram genre – lekker kook, bak en braai in die buitelewe! Ons nooi interessante gaste om saam met ons te kom KAMPKOS maak en ons deel genotvolle resepte en smaaklike maaltye met die kyker. Kykers kan uitsien na ‘n reeks propvol smul-lekker kuiers saam met aanbieders John-Henry Opperman en Beáte Olwagen.
Haak aan, en kom kook lekker saam!
https://www.youtube.com/embed/fbvBLX-arm4
*Klik hier om te sien wie is die gaste in episode een.
Springbok Stories - Begin Vrydag 3 April om 17:30
Vanaf Vrydag 3 April om 17:30 kry kykers in Springbok Stories ‘n intieme kykie in die lewens van huidige en oud Springbokke beide op en van die veld af. Ons deel die stories agter die stories van groen en goud glorie en vind uit hoe dit voel om vir jou land uit te draf. Interessante stories en feite maw. die stories agter die stories.
Die reeks word hanteer in 'n ligte luim met 'n komiese uitkyk. Die aanbieder, John van Rensburg, gaan besoek aflê by van die gaste se huise om sodoende die gevoel gemaklik te hou. Die gas sal ook herinneringe met die span en kykers kan deel. Die Springbokke gee ook 'n bietjie inligting oor hulle lewens.
Kom leer ken ons helde van nader, deur die stories agter die stories.
https://www.youtube.com/embed/eFJjzx2Jzko
*Lees hier wie is die oud-Springbok in die eerste episode.
Leef jou Reis - Begin Vrydag 3 April om 21:00
Gerrie Pretorius is terug vir ‘n derde reeks van Leef jou Reis met ‘n unieke reiservaring. Ons gaan delf ‘n bietjie dieper met tye om onder ‘n bestemming en sy mense se vel in te kom, en vat af en toe ‘n ompad, want soms is die reis belangriker as die bestemming. Ons reis deur Afrika en gaan besoek lekker en interessante plekke oorsee. Ons pak met tye die Nissan Navara 4x4 en gaan verken Afrika en met ander tye glip ons weer oorsee, en probeer die kyker ‘n eerstehandse ervaring gee van wat ons beleef het. Hierdie is ‘n program met ‘n vinnige tempo so maak seker jy sit vasgenael voor die TV!
Jou Show - Begin Vrydag 3 April om 21:30
Jou Show is vanaf 3 April 2015 om 21:30 terug op die kassie, met nog lekker gaste, lekker gesels, lekker lag en optredes, en natuurlik: nóg groter poetse. Hierdie nuwe seisoen van Jou Show beloof om nie teleur te stel nie, want waar anders gaan jy ooit vir Kevin Leo van die Soweto-torings sien afspring? Vir Louis Loock sien regopstaan-roei? Vir Wicus van der Merwe as 'n fopdosser?
Daar is ook weer optredes deur van ons land se grootstes, onder andere: Heinz Winckler, Die Heuwels Fantasties, Nadine, Pieter Koen, Elizma Theron, Dewald Wasserfall en Ampie du Preez.
Emo is steeds aan die stuur van die skip, met Wicus van der Merwe wat ons gaste deur allerhande ditjies en datjies vat. Dan bring ons ook 'n paar splinternuwe poetsbakkers aan boord.
Sluit by ons aan, elke week, vir jou weeklikse lag en gesels!
