Logo

Nie vir lank ‘unknown’ – Maak My Famous

Nuus
03 Julie 2019
Kyk saam met ons terug op The Unknown se Maak My Famous-reis.
<p>MMF_The Unknown</p>

FOTO: Light Lounge Studio

Hulle name is Erin, Brandon, Carlo en JP, maar saam is hulle bekend as The Unknown, die dansgroep van Ocean View in Kaapstad.

“Ons het ingeskryf omdat dit ons kans is om te wys wat ons doen en ’n loopbaan te maak uit dit waarvoor ons lief is,” sê die groep. “Ons wag al nege jaar vir die kans. Ons kom uit ’n plek waar daar baie negatiwiteit is en die jeug amper elke dag verkeerde besluite neem. Ons wil vir hulle rolmodelle word en ook ’n inspirasie wees vir ons gemeenskap.”

KYK: THE UNKNOWN HET VAN DIE BEGIN AF UITGESTAAN IN DIE SPESIALITEITKATEGORIE

Hulle droom is om nie net te wen nie, maar om as volwaardige dansers te werk. Hulle wil graag hulle eie vertoning hê en dansklesse vir die jeug in hulle gemeenskap gee. Internasionaal sal hulle graag saam met Drake wil werk, plaaslik sal hulle nie nee sê om ‘n verhoog met AKA te deel nie.

KYK OOK: DIÉ VERTONING HET VIR THE UNKNOWN REGUIT NA DIE TOP-10 GESTUUR

Michael Jackson is een van hulle rolmodelle. “Hy het die wêreld verander deur sy kuns en het ’n nuwe era ingelei met sy musiek en dans. Hy het die lewe van miljoene mense verander en dit is wat vir ons uitstaan – dat talent gebruik kan word om soveel mense te beïnvloed,” sê hulle.

KYK OOK: WANNEER DANSPASSIES EN KOMEDIE SE PAADJIES KRUIS

Benewens dans, is Erin lief vir teken, Brandon is ’n ywerige sokkerspeler, Carlo swem graag en JP kuier saam met vriende en luister musiek.

Die vier lede was saam op skool, maar dit was ’n gelukskoot wat hulle saam laat dans het. JP en Erin het aan ’n talentkompetisie deelgeneem, maar daar was net een plek oor in die finaal. Die twee van hulle het toe saam begin dans en Brandon en Carlo het later in 2011 by hulle aangesluit.

KYK OOK: SÓ WYS THE UNKNOWN HULLE IS PROUDLY SOUTH AFRICAN

In episode tien van Maak My Famous moes die top-7 liedjies sing wat vrygestel is in hulle geboortejaar. Volgens Tarryn Lamb is dit The Unknown se aansteeklik ritme en fyn humorsin wat hulle tot hier gebring het. Hulle het haar nie teleurgestel nie en nuwe betekenis gegee aan treffers soos “I Believe I Can Fly”, “Barbie Girl”, “Un-break My Heart” en “This is How You Do It”. “It doesn’t matter where you come from. What matters is where you’re going to. En julle gaan baie ver,” het Emo ná hulle optrede opgemerk. Kyk hier na hulle energieke vertoning.

In die elfde aflewering van Maak My Famous moes die finaliste wys hulle kan kers vashou by meer gevestigde kunstenaars. Die gehoor was verras toe Robin Pieters van The Voice SA The Unknown vergesel op die verhoog vir ’n besonderse weergawe van Bruno Mars se “24K Magic”. Dit was die tweede duet van die aand, en beslis een om te onthou. Kyk hier daarna

In die twaalfde aflewering van Maak My Famous gee Emo die top-5 die geleentheid om die gehoor vir oulaas te beïndruk met ’n mini-vertoning van nie langer as 5 minute nie.

Kyk die voorskou hier onder:



Dink jy The Unknown het wat dit vat om Maak My Famous te wen? Maak geraas op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #MaakMyFamous en maak seker jy skakel Donderdag om 20:00 in op DStv-kanaal 144 of 145 vir die naelbyt-finaal.