Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

‘n Struisbaai-vakansie – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
12 Oktober 2023
“Almal wil ‘n huisie by die see hê.”
Cape Agulhas Lighthouse

Indien Kokkedoor Vuur & Vlam jou nuuskierig gemaak het oor Struisbaai en Agulhas en jy op soek is na daardie laaste bietjie aansporing om te gaan vakansie hou in dié mooi kusgebied van Suid-Afrika, lees gerus voort... 

Dié twee dorpies is geleë in die Overberg Distrik sowat 200km vanaf Kaapstad. 

Struisbaai was eers ‘n vissersdorpie, maar is nou meer bekend vir toeriste-aantreklikhede soos visvang en duik. 

Die dorpie se argitektuur herinner aan die ou wit vissers huisies van jare gelede met grasdakke – van hierdie historiese huise is ook te huur. 

© Getty Images

Die dorpie Agulhas, 4km vanaf Struisbaai benodig geen verduideliking nie – dit is wêreldwyd bekend as die dorp waar die Indiese en Atlantiese oseaan kruis en dit is ook die mees Suidelike punt van Afrika. 

© Getty Images

As jy besoek aflê aan dié twee dorpies is die hawe in Struisbaai ‘n “moet-sien” met ‘n fantastiese promenade en restaurante. Jy kan ook heerlik kyk vir die skepies wat dobber in die hawe. 

© Getty Images

Die ligtoring in Agulhas is ook beslis die besoek werd: Dié ligtoring is al in gebruik van 1849 af en dit maak dit die tweede oudste werkende ligtoring in Suid-Afrika. Dié gebou is ook verklaar tot ‘n nasionale monument is 1973. 

© Getty Images

Skakel in vir Kokkedoor Vuur & Vlam op Donderdae om 20:00 op kykNET, kanaal 144 en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #KokkedoorVuurVlam te gebruik. Dié reeks kan ook geniet word op DStv Stream