Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

’n “Pick-up line” vir elke sterreteken – Boer soek ’n vrou

Nuus
03 April 2023
Vind uit watter “pick-up line” by jou pas!
Sterretekens

Jy kan nie dink aan Boer Louis M dink sonder dat al sy “cheesy” grappe en opmerkings deur jou kop hardloop nie. In ’n program soos Boer soek ’n vrou kan sulke sê-goed ons vinnig herinner aan al die “cheesy pick-up lines” wat baie van ons al teëgekom het tydens ons eie soektog vir liefde. Hier is ’n Afrikaanse “pick-up line” vir elke sterreteken wat dalk ’n klokkie mag lui in jou geheue.

Ram (Aries)

Raai wat ek dra? Die glimlag wat jy my gegee het.

Stier (Taurus)

Kan ek jou biblioteek kaart leen? Ek wil jou uitkyk. 

Tweeling (Gemini)

Is jy verwant aan Jean-Claude Van Damme? Omdat Jean-Claude Van Damme jy sexy is!

Kanker (Cancer)

Bly weg van die mense, voor hulle dink jy's ʼn snack, want as ek vir jou kyk begin my mond al water.

Leeu (Leo)

Kan ek ’n foto van jou kry asseblief? Ek wil net vir my vriende wys hoe ’n engel lyk.

Maagd (Virgo)

Sê my bokkie – voor ons oopmond soen – kan jy braaibroodjies maak?

Skale (Libra)

Het jy vir my ’n padkaart? Want ek is verlore in jou oë.

Skerpioen (Scorpio)

Voel die materiaal van my hemp. Dis troumateriaal.

Boogskutter (Sagittarius)

Werk jy by Nando’s? Want jy is aan die brand.

Steenbok (Capricorn)

Soen my as ek verkeerd is, maar dinosourusse bestaan ​​nog steeds, of hoe?

Waterman (Aquarius)

Kan ek jou Instagram kry? My ouers het gesê ek moet my drome volg.

Vis (Pisces)

Is jou bene seer van die hele nag deur my drome te hardloop?

Skakel elke Donderdag om 20:00 in en gesels saam deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Facebook, Twitter en Instagram te gebruik.