Logo

’n Man se beste vriend – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
24 Desember 2019
Die onvoorwaardelike liefde van ’n hond is darem maar onmiskenbaar. . .
Elmo se artikel

Soms tree die noodlot in en loop die lewe ’n ander paadjie met jou as wat jy beplan het. In hierdie oomblikke is dit belangrik om te weet dat jy ’n ondersteunings-netwerk het om jou by te staan en te ondersteun.

Dit is nou al wyd bekend dat Boer Theunis se paadjie na geluk – en liefde – nie so glad verloop het soos wat almal gehoop het nie. Dié stil en teruggetrokke boer het sy hart op die spel geplaas en vir Marcia gevra om langer op die plaas te kuier, maar sy het dié aanbod van die hand gewys. Op die ou einde van die dag het Marcia en Renette (wat graag sou wou bly), ook die plaas verlaat.

Dié oomblik waar Theunis omdraai en terugstap na sy huis toe met sy pragtige hond, Elmo, sal ons almal bybly.

Elmo, ’n Australiese herdershond, kan moontlik een van die mooiste honde in die land wees – en dan het hy nog ’n mooi geaardheid ook! Hy is altyd net ’n katspoegie van #BoerTheunis af en streef daarna om sy eienaar gelukkig te maak.

Daar is geen twyfel dat ’n hond se liefde 100% opreg is nie – hulle sal jou ook altyd onvoorwaardelik aanvaar.

Boer Theunis – al het jou storie nie geëindig soos wat jy gehoop het nie, glo en vertrou ons dat jy wel jou pot se deksel sal vind, maar met Elmo aan jou sy, is niks onmoontlik nie.

Onthou om elke Donderdag om 20:00 in te skakel vir die nuutste verwikkelinge tussen die boere en hul soektog na liefde. Gesels ook saam op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik.