Logo
OME S2 Slim BB Web Uni
web uni tv guide

Op My Eish!

144Realiteit13 L

’n Lewenslange liefde

Nuus
16 Junie 2022
Die wildbesigtingsrit het ons laat wonder oor monogamie in die diereryk.
Francois Jacobs on a game drive with Leyla, Juane and Ceylonia during Op my eish!

Terwyl Francois Jacobs tydens Op my eish! op soek is na die perfekte prinssewe en lewensmaat, het die wildbewaarder, Xander ons laat wonder oor monogamie in die diereryk.

Hier is vyf, onverwagse, diere wat slegs gelukkig is met hulle één prinssewe:

5. Swane

Dié elegante voëls vorm bande met mekaar wat somtyds lewenslank hou. Hulle wys vir mekaar dat hulle in mekaar belangstel deur ogies te maak: hulle sal vir mekaar staar en hulle koppe effens skuins draai. As albei swane dit doen, is die spreekwoordelike koeël deur die kerk.

© Getty Images

4. Pikkewyne

Om vlerk te sleep werk andersom vir die diere: die wyfie begin eerste aanlê om die mannetjie se aandag te trek. (#FemalePower). Wanneer die mannetjie braaf genoeg is en hy ’n klippie vir die wyfie gee en sy dit dan in haar nes gaan plaas, sê sy vir die mannetjie, ‘Ons is nou getroud’.

© Getty Images

3. Seeperdjies

Meeste seeperdjies het net een lewensmaat. Hulle doen ‘n vlerksleep-dans wat tot en met 9 ure kan duur en hulle kan selfs elke dag hierdie ritueel weer beoefen. Hoe meer hulle dans, hoe sterker raak die band wat hulle met mekaar deel.

© Getty Images

2. Nonnetjie-uile

Wanneer die uile besluit hulle hou van mekaar sal hulle nogal ’n groot kabaal opskop om mekaar se aandag te trek, maar die mannetjie sal ook soms spin soos ‘n kat om die wyfie se aandag te trek.

© Getty Images

1. Bewers

Bewers is regtig baie romanties! Nadat hulle mekaar gekies het en kleintjies gehad het, sal hulle aanhou werk aan hulle verhouding – dit is amper belangriker as hulle skuiling vir hulle. Hulle sal ook saam bly totdat een van hulle twee, sterf.

© Getty Images

 

Skakel elke Donderdag om 20:00 in om te sien hoe die liefde groei en ontwikkel in Op my eish! en gesels saam met ons op Facebook, Twitter én Instagram deur die hutsmerk, #OpMyEish te gebruik.