Logo

’n Komediant, ’n aktrise en ’n musikant

Nuus
03 Maart 2015
Jody en Francois gesels oudergewoonte met ’n paar vermaakkunstenaars wat besig is om naam te maak.
kn_vrdagnaglaat_20150227_connel

Jody en Francois gesels oudergewoonte met ’n paar vermaakkunstenaars wat besig is om naam te maak.

Verlede week se Vrydag Nag Laat het onderhoude met die komediant Robby Collins, die aktrise Anel du Plessis en die musikant Connell Cruise ingesluit.

Robby het aan anbieder Jody Abrahams verduidelik dat dit ’n ongelooflike voorreg is om saam met Trevor Noah te kan werk, en dat sy droomrol dié van Fagin in Oliver Twist sal wees.

Nadat Anel en Francois Toerien saam ’n skets opgevoer het, het sy vertel dat sy verslaaf is aan (verhoog)adrenalien. Sy het haar spraak-en-drama-lisensiaat gedoen om te verseker dat sy uit drama ’n lewe sal kan maak en gee tans klas, al het sy verlede jaar die geleentheid gehad om saam met die klug My Boetie se Sussie se Ou te toer.

Die een ding waaroor sy nooit ’n grap sal maak nie, is ander mense se hartseer, sê Anel.

Toe het Connell Cruise kom vertel van sy ervarings in die musiekbedryf. Hy het onlangs ’n reuse-platekontrak geteken en sy liedjie “Into the Wild” is verlede week internasionaal uitgereik.

“The magic of music is that it translated to everyone, everywhere,” sê Connell, wat leer klavier speel het toe hy vier jaar oud was.