Logo
kN Digital Banners Template In die SopSlim Homepage 1600x160
web uni tv guide

In Die Sop

144RealiteitPG13 L

'n Klassieke gunsteling – In die sop

Nuus
12 Junie 2021
Loer hier na 'n lekker jaffel-resep wat jou terug sal neem in tyd na die 1980's...
bb

As jy in die 80's of 90's grootgeword het, het jou ma, tannie of ouma waarskynlik een van hierdie gehad: 'n jaffelpan.

Dit lyk na 'n goeie ou Suid-Afrikaanse lekkerny, en deur jou gunsteling vulsels te kombineer, kan dit omskep word in 'n tradisionele dog sjarmante ete-idee.

Ons kyk na een van die gunstelinge, 'n tradisionele maalvleis jaffel:
Bestanddele (vir 4 porsies)
8 snye witbrood
4 eetlepels botter
15ml olyfolie
2 knoffelhuisies (gemaal)
2 rooirissies (gekap)
1 ui (fyngekap)
500gr bees maalvleis
1 aartappel (geskil en fyngekap)
1 wortel (geskil en gekap)
2 koppies water
1/2 pakkie kits bruin-uiesop
sout en swartpeper (na smaak)
8 snye tamatie
1 koppie cheddarkaas (gerasper)
2 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels mosterd

So maak mens
Verhit die olyfolie in 'n pan en braai die knoffel, rissies en ui tot deurskynend
Voeg die maalvleis by en verbruin
Voeg water by, sowel as die aartappels en wortels
Kook vir 30 min tot groente sag is
Voeg die kits bruin-uiesop by en meng deur, laat dit nog 'n paar minute prut tot dit verdik
Plaas die jaffelpan toe op die stoofplaat tot lekker warm
Maak die jaffelpan versigtig oop, plaas 'n sny gebotterde brood op die warm oppervlak, skep 'n lepel maalvleis by, 'n sny tamatie, gerasperde kaas en 'n sopie tamatiesous en mosterd
Plaas nog 'n sny gebotterde brood bo-op, maak die pan toe, verwyder die kors deur 'n mes om die kante te skuif en terug na die stoofplaat
Kyk elke 15 - 20 sekondes deur die warm kant om te draai, maak oop en loer of die brood al gereed is
Sodra die een kant lekker bruin gebraai is, draai die pan om om die ander kant ook te rooster. Verwyder versigtig, laat effens afkoel en geniet!

Skakel Woensdae om 20:00 in vir In die sop, en gesels saam deur die hutsmerk, #InDieSop te gebruik op FacebookTwitter en Instagram.