Logo

’n Hond, ’n huisie én ’n pienkvoet vir Van Coke

Nuus
08 November 2016
Francois van Coke en sy vrou, Lauren, het op 7 November hul eersteling, ’n babadogtertjie, verwelkom. Lees meer hier.
Francois van Coke

Die rocklegende Francois van Coke en sy vrou, Lauren, het op 7 November hul eersteling, ’n babadogtertjie, verwelkom.

Van Coke het dié goeie nuus Maandagaand op Instagram gedeel en Dinsdagoggend op Twitter gesê: “Ons dogter en haar ma is amazing!

“Lauren wou [tydens haar swangerskap] net baie chocolates eet,” het hy verder aan kykNET vertel.

In 2015, in ’n eksklusiewe onderhoud, het Van Coke gesê: “Daar is definitief sprake van ’n gesin… Ons sal baie graag kinders wil hê in die toekoms”. Sowat ’n jaar later en Alex Lila word verwelkom!

Oor hul babadogtertjie se naam sê Van Coke: “Dit is twee name waarvan ons hou en ons is mal oor die kombinasie.”

Kyk na die foto’s hier onder:

 

34 francois van coke 3

34 francois van coke 2

34 francois van coke 4

34 francois van coke



 

Vroeër vanjaar het Van Coke en Arno Carstens kragte saamgesnoer vir die liedjie “Ek Weet Nie” – kyk die musiekvideo hier. Verder het Van Coke ook as gasbeoordelaar ingetree op die bekende kykNET-koorkompetisie Varsity Sing, en agter die skerms saam met Maties “Toe vind ek jou” gesing – kyk die video hier.

By vanjaar se Ghoema-toekennings het Van Coke vyf goue beeldjies ingepalm, en in ’n onderhoud met Jukebox-aanbieder Pieter Koen het hy gesê: “Dit is belangrik om eerlik te wees – getrou aan myself te wees en wie ek nóú is in my lewe.”

Volgens hom is die grootste les wat hy eendag vir sy dogter wil leer onvoorwaardelike liefde: “Ek sal vir haar wil leer hoe om onvoorwaardelik lief te hê.”

Die kykNET-span wil vir die Van Coke-gesin alle voorspoed en geluk toewens op dié nuwe avontuur.

34 francois van coke