Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

'n April vol drama – Arendsvlei

Nuus
02 April 2021
Lees hier waarna jy kan uitsien in jou gunsteling kykNET-telenovela hierdie April!
AV April BB

Jake, Karelse en Krige is angstig om die ontvoerde kinders te probeer red, maar sal hulle betyds iets omtrent die saak kan doen? Terwyl Arendsvlei in skok is oor die kinders se ontvoering, maak Dorothy ’n simpatieke toespraak by ’n byeenkoms. Daar is een persoon wat nie ’n woord glo wat sy sê nie - en dis Anton. Sal hy die reg in sy eie hande neem? 

Terwyl Arendsvlei treur oor Candice se verdwyning, treur Langes oor die talle vriendskappe wat hy moontlik kan verloor. Debra, Anton en Cardo sukkel om hom te vergewe oor wat hy in die verlede gedoen het. En dit kan ’n wiel in sy planne ry om op ’n nuwe blad te begin. Hy gaan oor na drastiese stappe om almal se vertroue terug te wen. 

En dan op ’n ligter noot motiveer Lee-Roy sy pa om nie moed op te gee nie. Lionel het nou al basies alles probeer om ’n naam vir homself te maak, maar hy kom net nie êrens uit nie. Tot Lee-Roy sake in sy eie hande neem en saam met sy pa begin opvoer. Arendsvlei-kykers het nog nooit so iets gesien nie!

 

Arendsvlei saai Maandae tot Donderdae om 20:00 vanaf 28 September op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) uit.