Logo

MultiChoice stap weg met 47 SAFTA-toekennings by die 15de SAFTAs

Nuus
22 Mei 2021
MultiChoice stap weg met 47 SAFTA-toekennings by die 15de Suid-Afrikaanse Film- en Televisie-toekennings (SAFTAs) – ‘n bevestiging van dié veelsydige inhoudvervaardiger as Afrika se mees geliefde storieverteller wat van die beste plaaslike inhoud skep.
SAFTA Wenners Artcile

Mzansi Magic se Gomora stap weg met ‘n SAFTA-toekenning vir die Gewildste TV-sepie/Telenovela, soos gestem deur Suid-Afrikaners. Gomora fokus op die ongelykhede tussen die armes en rykes en hoe fyn die lyn tussen die twee kan wees. SAFTA-wenners Katlego Dankie, Connie Chiume en Ama Qamata is in die rolverdeling te sien.

Die stories wat deur Suid-Afrika se top talent vertel word op die DStv-kanale Mzansi Magic, 1Magic, kykNET en M-Net, sowel as die stromingsdiens Showmax het verseker dat MultiChoice ‘n groot hoeveelheid toekennings in verskeie kategorieë ingeoes het.

Dit was ‘n fantastiese naweek vir MultiChoice, met SAFTA-toekennings in van die hoofkategorieë, onder andere, Beste telenovela (M-Net se Legacy), Beste speelfilm (kykNET se Griekwastad), Beste gestruktureerde werkliheids-TV-sepie (Showmax se Life With Kelly Khumalo), Beste dokumentêre rolprent (Showmax se How To Steal A Country), Beste televisiedokumentêr (SuperSport se Chasing The Sun) en Beste kortfilm (Showmax se Address Unknown).

Al die SAFTA-toekennings wat ons storievertellers gewen het, getuig van die diepte en diversiteit van MultiChoice se inhoud oor die verskeie platforms. ‘n Wen vir MultiChoice is ‘n wen vir die plaaslike TV- en filmindustrie waarin ons voortdurend belê. Ons is baie trots op die feit dat die programme van ons kanale, M-Net, kykNET, 1Magic en Mzansi Magic, erken word. Ons vier ook die feit dat ShowMax Originals van die gewildste programme is,” sê Yolisa Phahle, MultiChoice Uitvoerende groepshoof: Algemene vermaak en video-inhoud.

Ongeveer 4 000 ure plaaslike inhoud was in 2020 in ‘n groot verskeidenheid van tale en regoor verskeie lande deur MultiChoice geskep.

“Hierdie toekenningsgeleentheid word opgedra aan die talent en produksiespanne wat voortdurend uitblink, ten spyte van die ongelooflike druk waaronder die industrie die afgelope jaar as gevolg van die invloed van die pandemie was. Dankie aan die harte en kreatiwiteite breine wat bydra tot die industrie se groei en die samelewing oor die algemeen,” voeg Phahle by.

Menzi Ngubane is die koning van storievertel
Die ontslape Menzi Ngubane se laaste TV-verskyning het vir hom ‘n SAFTA-toekenning as Beste akteur in ‘n Telenovela vir sy rol as die booswig, Judas Ngwenya in Isibaya, besorg. Dié reeks het vroeër vanjaar ná agt seisoene tot ‘n einde gekom het. Gomora seisoen 1 het die SAFTA-toekenning vir die Beste prestasie in regie in ‘n telenovela ontvang.

Kyk Gomora op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161), Maandae – Vrydae, 8PM en kyk al die episodes op Showmax.

Kyk al Isibaya se episodes op Showmax

kykNET wen groot  
kykNET (DStv-kanaal 144) het ook ‘n goeie aand gehad: Clint Brink het ‘n SAFTA-toekenning gewen as Beste akteur in ‘n TV-sepie vir sy rol as Steve Abrahams in Binnelanders. Gerrit Schoonhoven, wat vroeër vanjaar oorlede is, was deel van die regiespan wat die SAFTA-toekenning vir Beste regie in ‘n TV-sepie (Binnelanders) ontvang het. Die reeks is tans in sy vyftiende seisoen. James Borthwick is vir die tweede keer aangewys as Beste akteur in ‘n TV-komedie vir sy rol as Ferdie in die kykNET-komedie, Hotel. Martelize Kolver het ook ‘n SAFTA-toekenning as Beste ondersteunende aktrise in ‘n komedie vir haar rol as Brenda in Hotel ontvang. June van Merch het haar eerste SAFTA gewen as Beste ondersteunende aktrise in ‘n TV-drama vir haar rol as Sara in Sara Se Geheim. Ander SAFTA-toekennings vir kykNET sluit in: 

  • Best speelfilm: Griekwastad
  • Beste prestasie in redigering – speelfilm: Griekwastad
  • Beste prestasie in regie – TV-sepie: Binnelanders
  • Beste TV-program in ’n internasionale formaat: Hoor My, Sien My, Soen My
  • Beste verskeidenheidsprogram: Republiek van Zoid Afrika
  • Beste prestasie in regie – TV-drama: Tydelik Terminaal

Kyk Griekwastad op Showmax.  

Kyk Binnelanders op kykNET (DStv-kanaal 144), Maandae - Vrydae, 7:30PM en kyk al die episodes op Showmax.

Legacy kraai koning
M-Net se Legacy (DStv-kanaal 101), wat in September 2020 geloods is, is as die Beste telenovela aangewys, met aktrise Michelle Botes (Angelique Price in Legacy) wat haar eerste SAFTA as die Beste ondersteunende aktrise in ‘n telenovela gewen het. M-Net het ook die volgende SAFTA-toekennings ontvang:

  • Beste aktrise – TV-drama: Kate Liquorish (Abi - Still Breathing
  • Beste akteur – TV-drama: Brandon Auret (Danny - Still Breathing
  • Beste aktualiteitsprogram: Carte Blanche: Women’s Month Special

Kyk Legacy op M-Net (DStv-kanaal 101), Maandae - Donderdae, 7PM, and kyk al die episodes op Showmax. Kyk al die episodes van Still Breathing op Showmax.

The River blink weer uit
The River het vanjaar ses SAFTA-toekennings ontvang. Sindi Dlathu, wat ook verlede jaar ‘n SAFTA-toekenning ontvang het, is weer vereer met ‘n SAFTA-toekenning vir Beste aktrise in ‘n telenovela vir haar uitstekende vertolking as Lindiwe. Meshack Mavuso Magabane, wat die rol van Nsizwa vertolk, het die SAFTA-toekenning vir Beste ondersteunende akteur in ‘n telenovela ontvang. The River het ook in die kategorie, Beste prestasie in draaiboekskryf in ‘n telenovela, gewen.

Kyk The River op 1Magic (DStv-kanaal 103), Maandae - Vrydae, 8PM en kyk al die episodes op Showmax

Showmax stroomdiens
Life With Kelly Khumalo is gekroon met ‘n SAFTA-toekenning vir Beste gestruktureerde werklikheids-TV-sepie. Twee oorspronklike Showmax-reekse, Lebo M: Coming Home and Somizi & Mohale: The Union, is ook in hierdie kategorie benoem. Seisoen 2 van Life With Kelly Khumalo is tans op Showmax te sien.

Showmax se How To Steal A Country het vier toekennings gewen, insluitende vir Beste dokumentêre reeks, terwyl SuperSport se Chasing the Sun, aangewys is as die Beste televisiedokumentêr, sowel as die SAFTA-toekenning vir Beste prestasie in kinematografie in ‘n dokumentêr ontvang het. Showmax se Loving Thokoza, met Enhle Mbali Mlotshwa, en Address Unknown het onderskeidelik die SAFTA-toekennings vir Beste televisiefilm en Beste kortfilm gewen.

Hier is die volledige lys van Multichoice se SAFTA-wenners  

  1. Gewildste TV-sepie/telenovela: Gomora (Seriti Films) | Mzansi Magic
  2. Beste telenovela: Legacy (Tshedza Pictures) | M-Net 101 
  3. Beste speelfilm: Griekwastad (SCENE23) | kykNET 
  4. Beste kortfilm: Address Unknown (Green Leaf Films) | Showmax      
  5. Beste aktrise – telenovela: Sindi Dlathu (Lindiwe - The River) | 1Magic 
  6. Beste aktrise – TV-drama: Kate Liquorish (Abi - Still Breathing) | M-Net 101
  7. Beste akteur – telenovela: Menzi Ngubane (Judas Nqwenya – Isibaya) | Mzansi Magic   
  8. Beste akteur – TV-sepie: Clint Brink (Steve Abrahams – Binnelanders) | kykNET            
  9. Beste akteur – TV-drama: Brandon Auret (Danny - Still Breathing) | M-Net 101
  10. Beste akteur – TV-komedie: James Borthwick (Ferdie – Hotel) | kykNET
  11. Beste vroulike byspeler – telenovela: Michelle Botes (Angelique Price - Legacy) | M-Net 101      
  12. Beste vroulike byspeler – TV-drama: June van Merch (Sara - Sara se Geheim) | kykNET
  13. Beste vroulike byspeler – TV-komedie: Martelize Kolver (Brenda – Hotel) | kykNET         
  14. Beste manlike byspeler – telenovela: Meshack Mavuso Magabane (Nsizwa - The River) | 1Magic 
  15. Beste prestasie in regie – speelfilm: Griekwastad (Jozua Malherbe) | kykNET
  16. Beste gestruktureerde werklikheids-TV-sepie: Life with Kelly Khumalo (Barleader TV) | Showmax
  17. Beste dokumentêre rolprent: How to Steal a Country (Rehad Desai en Mark Kaplan) | Showmax    
  18. Beste televisiedokumentêr: Chasing the Sun (SuperSport, SA Rugby en T+W) | SuperSport
  19. Beste werkliheids-TV-kompetisieprogram: Celebrity Mystery Box (Brightfire Pictures) | Mzansi Magic  
  20. Beste TV-program in ’n internasionale formaat: Hoor My, Sien My, Soen My (Afrokaans Film & Television) | kykNET                        
  21. Beste aktualiteitsprogram: Carte Blanche: Women’s Month Special (Verskeie kunstenaars) | M-Net 101
  22. Beste verskeidenheidsprogram: Republiek van Zoid Afrika (Brainwave Productions) | kykNET
  23. Beste vermaaklikheidsprogram: Maak My Famous – Showcase (All Star Entertainment) | kykNET
  24. Beste televisiefilm: Loving Thokoza (Black Brain Pictures) | Showmax
  25. Beste prestasie in regie – telenovela: Gomora Seisoen 1 (Thabang Moleya, Nthabiseng Mokoena, Nozipho Nkelemba and Lefuno Nekhabambe) | Mzansi Magic 
  26. Beste prestasie in regie – TV-sepie: Binnelanders (Danie Joubert, Roché Knoesen, Riaan Meij, Charl van Biljon, Gerrit Schoonhoven en Jaco Vermeulen) | kykNET        
  27. Beste prestasie in regie – TV-drama: Tydelik Terminaal (Etienne Fourie en Elanie Rupping) | kykNET     
  28. Beste prestasie in regie – dokumentêr: How to Steal a Country (Rehad Desai en Mark Kaplan) | Showmax    
  29. Beste prestasie in draaiboekskryf – telenovela: The River (Gwydion Beynon en Phathutshedzo Makwarela) | On 1Magic        
  30. Beste prestasie in draaiboekskryf – TV-komedie: Black Tax (Byron Abrahams, Lwazi Mvusi, Joshua Rous en Meren Reddy) | BET en Showmax     
  31. Beste prestasie in draaiboekskryf – TV-drama: Housekeepers (Portia Gumede, Duduzile Mabaso, Lufuno Nemungadi en Lidudumalingani) | Mzansi Magic      
  32. Beste prestasie in draaiboekskryf – speelfilm: Toorbos (René van Rooyen) | kykNET      
  33. Beste prestasie in oorspronklike klankbaan – telenovela: The River (Brendan Jury) | 1Magic 
  34. Beste prestasie in oorspronklike klankbaan – TV-drama: Lockdown (Kurt Slabbert, Jamela Vuma & Mandla Ngcongwane) | Showmax 
  35. Beste prestasie in oorspronklike klankbaan – speelfilm: Toorbos (Andries Smit) | kykNET      
  36. Beste prestasie in redigering – telenovela: The River (Bongi Malefo, Edgar Sibaya, Sphiwe Nhlumayo en Ula Oelsen) | 1Magic
  37. Beste prestasie in redigering – TV-drama: Still Breathing (Miriam Arndt en Alistair Thomas) | M-Net 101 
  38. Beste prestasie in redigering – dokumentêr: How to Steal a Country (Megan Gill ) | Showmax
  39. Beste prestasie in redigering – speelfilm: Griekwastad (Lucian Barnard) | kykNET                   
  40. Beste prestasie in klankontwerp – TV-sepie/telenovela: The River (Ben Oelsen en Tladi Mabuya) | 1Magic 
  41. Beste prestasie in klankontwerp – dokumentêr: How to Steal a Country (Charlotte Buys) | Showmax
  42. Beste prestasie in kinematografie – telenovela: Legacy (Trevor Brown) | M-Net 101
  43. Beste prestasie in kinematografie – dokumentêr: Chasing the Sun (Carter Devin) | SuperSport
  44. Beste prestasie in kostuumontwerp – TV-sepie/telenovela: Legacy (Zandile Mncwango) | M-Net 101 
  45. Beste prestasie in grimering en haarstilering – TV-sepie/telenovela: Legacy (Jenny Sprawson) | M-Net 101   
  46. Beste prestasie in grimering en haarstilering – TV-drama: Trackers (Babalwa Mtshiselwa) | M-Net 101     
  47. Beste prestasie in produksie-ontwerp – TV-sepie/telenovela: Legacy (Amanda Scholtz) | M-Net 101