Logo

Mooimaak 2: Annelise laat die koppe draai!

Nuus
20 September 2018
Lees meer.
Mooimaak_Anelise

Kandidaat: Annelise Swanepoel    
Dokter: Dr. Maricia Duvenage

Omdat tyd beperk was, kon dr. Maricia nie al die behandelinge insluit wat sy graag wou nie, maar het vinnig besef dat sy op die tekstuur en toestand van Annelise se vel moet fokus. Die grootste uitdaging was om die behandelinge te prioritiseer en korrek te skeduleer.

Kollageen-verbeterende behandelinge is gebaseer op die vel se vermoë om self te herstel. Die vel word dus getraumatiseer op ’n gekontroleerde manier, sodat die ou, beskadigde weefsel met nuwe, gesonde kollageen vervang word. Hoe meer die kollageen beskadig is, hoe intensiewer die behandelinge, hoe langer die herstel tydperk.

Elke vel reageer verskillend op behandelinge, en Dr. Maricia was verstom oor die goeie reaksie wat Annelise se vel spesifiek op die Pearl Fusion Laser gehad het – ’n intensiewe laser behandeling wat die vel oppervlakkig sowel as op dieper vlakke behandel.

Om die vel tussen behandelinge te help herstel, het Dr. Bradley van Lamelle Laboratories ’n kombinasie van topikale produkte met genesings eienskappe voorgeskryf wat wondere vir Annelise se vel gedoen het.

Gepaard met die intense Mooimaak-skedule, het Annelise van werk verander, en het sy ongelukkig haar Ma verloor, maar ten spyte van hierdie uitdagings het Annelise nooit ’n afspraak gemis nie en het sy altyd positief gebly.

Dr. Maricia sê: “Toe ek Annelise die eerste keer ontmoet het, het sy soos ’n ou tannie gelyk. Om haar selfvertoue te sien groei was die beste deel van hierdie proses.

Ek weet sommer dat Annelise binnekort haar Mnr. Perfek se voete onder hom gaan uitslaan.”

Besoek gerus Skin Renewal en Lamelle se webblaaie en maak seker jy skakel elke Donderdag om 20:00 in. Bly op hoogte deur die hutsmerk #Mooimaak te gebruik op FacebookTwitter en Instagram.