Logo
Ekstra Medium 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Ekstra Medium

144Drama13 L

Mielie te sien as Kleintjie – Ekstra Medium

Nuus
27 Oktober 2020
Bertie en sy identiteitskris is ’n paar episodes ver en kykers het al van die interessante groep karakters in hierdie nuwe reeks ontmoet.
kleintjie

Een van die spelers is Llandi Beeslaar, die aktrise wat ons as Mielie in Die Republiek van Zoid Afrika leer ken het. 

Vertel meer van jou karakter in Ekstra Medium?
Ek speel die rol van Kleintjie in Ekstra Medium (hehehehe). Sy's Bertie (Wilhelm van der Walt) se beste vriend van skool en sy’s een van daardie rare persoonlikhede wat in haar tuisdorp gebly het, haar wêreld baie klein gehou het, maar nie bitter is daaroor nie. Ek wens ek kon meer soos sy wees in daardie opsig. My gat jeuk vinnig as ek vir té lank in een plek bly.

Was die reeks so lekker om te maak as wat dit is om te kyk?
O jinne, dit was lekker. Ek was vreeslik angstig toe ek begin skiet het, want ek’s maar eintlik ’n teaterbaba.  Ek was glad nie voorbereid vir die skaal en spoed van 'n TV-reeks nie, maar ek was baie bevoorreg om iemand soos Beer (Adriaanse, die regisseur en medeskrywer) te hê om my deur die rofste dele te lei. En genadiglik ken ek die meerderheid van die span al lank. So, dit het beslis die angsaanvalle onder beheer gehou. 

Is ’n karakter soos Mielie ’n seën of ’n straf?
Gelukkig vir my het ek en Mielie amper niks in gemeen nie, behalwe dat ons dieselfde grootte broeke dra (LOL). Sy het regtig 'n lewe van haar eie. Ek dink Mielie is maar soos die meeste kragte van die natuur en sy is ’n bietjie van albei – ’n seën én ’n straf. Die jonger spelers, skrywers en regisseurs begin al meer hul merk maak.

Hoe sien jy die toekoms?
O genade, ek weet nie of ek die regte persoon is om te vra oor die toekoms nie? Ek dink wel jeug is 'n wonderlike ding. Dit gaan gepaard met vars idees en selfvertroue wat net jongmense kan af-pull. Ek is netnet oor daardie kruin, maar ek wens altyd dat die mense wat ná my kom beter sal vaar as wat ek het. En slimmer werk, diversifiseer. Doen alles. Leer by almal. 

Is daar ’n reeks, toneelstuk of film wat jy graag self wil skryf of die regie van sal wil doen?
So baie! Die lys is bitter lank. Ek sit met ’n magdom halfgeskryfde tekste, films en reekse wat ek eendag sal wil doen. Ek dink ek sal uiteindelik eerder in regie wil ingaan. Ek geniet die proses van ’n projek aanpak baie meer as enigiets anders. 

Gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram met die hutsmerk #EkstraMedium en skakel elke Dinsdag om 20:00 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die nuutste verwikkelinge in Bertie se kroeg. Ekstra Medium is ook beskikbaar op Showmax en DStv Catch Up.