Logo
web uni tv guide

Oppiestoep

144GeselsprogramPG13

Manlief, voel jy afgeskeep?

Nuus
19 Oktober 2022
Manlief, moenie afgeskeep voel met vroulief wat deesdae “Die Real Housewives van Pretoria” binge nie – daar is oorgenoeg programme op kykNET waarvan jy ook sal hou.
Manlief artikel image

Oppiestoep

Pietman Geldenhuys en Lyntjie Jaars kuier saam met interessante gaste van regoor SA. Daar is ook lekker musiek deur Schalk Joubert en sy musikant vriende.

Toks ‘n Tjops

'n Gesellige informele kletsprogram waar Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer saam met gaste na die jongste rugbygebeure kyk. Ons gaan elke week lekker braai, sing en rugby.

Hier gaan ons alweer

Dis ‘Hier Gaan Ons Alweer’ se 21ste seisoen en Petri de Wet toer saam met ‘n klomp manne in Suid-Afrika op soek na groot vis in dié opwindende hengelprogram!

Jan Braai vir erfenis

Jan Braai en sy span gaan woon in die Matjiesvlei Vallei in die Klein Karoo. Bees, lam, vark, hoender, vis, vrugte, groente, brood en selfs slaai, ons sal alles braai. Rooster, pan, potjie en spit, die lekker kos kom uit ’n bodemlose put. Oggend, aand en alles tussenin, langs die braaivuur maak die lewe sin. Daag op met gees, aptyt en ’n skerp sin vir humor.

4x4 met André

In hierdie reeks pak 4x4-spesialis André de Villiers sy 4x4-bakkies en reis deur Suid-Afrika op soek na pragtige 4x4-roetes en kampplekke.

Devilsdorp

Vind meer uit oor die opspraakwekkende afspraak-moorde wat in Krugersdorp plaasgevind het in die oorspronklike Showmax ware-misdaad reeks, Devilsdorp.

Daar is kykgenot vir die hele gesin op die kykNET-kanale. Gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram om meer te vertel van jou gunsteling-programme.