“Soms moet jy net aanvaar dat jou familie en almal om jou eintlik jou Hollywood is…”
Met dié boodskap maak die fliek Hollywood in my Huis gereed om binnekort in teaters landwyd te draai. Die fliek gaan die silwerdoek op 26 Junie 2015 tref.
Kyk die splinternuwe lokprent hier onder:
Dié romantiese komedie deur die regisseur Corné van Rooyen is verlede jaar vir die eerste keer by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai gewys. Dit is as die resensente se keuse én die gehoor se gunsteling vereer, en Christia Visser is as die gehoor se gunsteling-aktrise aangewys.
Hollywood in my Huis vertel die storie van ’n doodgewone matriekmeisie, Jana van Tonder (Christia Visser), en haar ouers, Beatrice en Tos van Tonder (Nicola Hanekom en Louw Venter), asook Frikkie (Edwin van der Walt), haar beste vriend en sy ouma, wat aan die verkeerde kant van die spoor woon. Jana se pa is werkloos en haar ma bedryf ’n skoonheidsalon vanuit ’n karavaan in die voorplaas.
Die volwassenes se drome is verpletter, maar Jana se drome styg ver bo haar benarde omstandighede uit. Dis die jaar 2004 en die matriekafskeid is om die draai. Jana sien op televisie hoe die mooie Charlize Theron die Oscar wen en net daar en dan besluit sy om haar matriekafskeid in ’n glansgeleentheid te omskep.
Sy is heimlik verlief op Brandon (Viljé Martiz), die skool se hartbreker en tenniskampioen, en is vasbeslote om hom te vra om saam met haar matriekafskeid toe te gaan. Dié het pas uitgemaak met die gewildste meisie in die skool, Angelique (Leandie du Randt). Jana ontsien geen moeite nie en kom nie eers agter dat Frikkie sy gevoelens vir haar probeer wys nie.
Dit het Van Rooyen nege jaar geneem om Hollywood in my Huis, oorspronklik ’n kortfliek wat hy as ’n student aan die rolprentskool AFDA gemaak het, in ’n vollengte rolprent te omskep. Hy het inspirasie vir die fliek uit sy kinderjare in Silverton, Pretoria, geput. “Dis eintlik ’n hoogs persoonlike verhaal,” sê hy. Baie van die karakters is op sy eie familie en vriende geskoei.
Van Rooyen het twee en ’n half jaar aan die rolverdeling gewerk. Oor Christia Visser, wat tans as Lena Aucamp Jr. in Ballade vir ’n Enkeling te sien is, sê hy: “Ek het geweet ek gaan nie maklik ’n beter Jana as sy kry nie. Daar is ’n eerlikheid en varsheid aan haar vertolking.”
Om iemand in die rol van Frikkie te kry, was ook nie ’n maklike taak nie. Ná van Rooyen mense by skole, universiteite, agentskappe en selfs op Facebook deurgekyk het, het hy Edwin van der Walt (Jacques Rynhard Jr. in Ballade vir ’n Enkeling) in ’n kortfliek raakgesien.
Elana Afrika-Bredenkamp, Lida Botha en Marga van Rooy is ook in die fliek te sien.
Die prent is hoofsaaklik in Vasco en aan die Hoërskool Brackenfell geskiet. Tonele is ook in Fisantekraal, Observatory en in Kaapstad verfilm. Verspreiding vind plaas deur Indigenous Film Distribution.
Besoek die fliek se Facebook-blad, webblad en op Twitter by @HIMHFilm.