Logo

Luister: Vaughan Gardiner se temalied vir ‘Uitvlucht’

Nuus
09 Februarie 2016
“Bou aan liefde”, die amptelike temalied vir die nuwe Afrikaanse fliek Uitvlucht, is onlangs eksklusief bekendgestel.
Uitvlucht Teaser
“Bou aan liefde”, die amptelike temalied vir die nuwe Afrikaanse fliek Uitvlucht, is onlangs eksklusief bekendgestel. Dié lied is vir die eerste keer op 8 Februarie op Groot FM gehoor, en sal vanaf 10 Februarie landswyd aan radiostasies uitgereik word.

Luister nét vandag eksklusief na “Bou aan liefde”.

Vaughan Gardiner, sanger, liedjieskrywer en vervaardiger, het “Bou aan liefde” spesiaal vir Uitvlucht geskryf.

“Dit is ’n ongelooflike voorreg om hierdie liedjie in Uitvlucht te hê,” sê Vaughan.

Uitvlucht is regisseur en vervaardiger Regardt van den Bergh se jongste fliek en vertel die verhaal van Anna (Clara Joubert van den Bergh), wat alles in haar lewe verloor en gevolglik werk kry op die plaasskooltjie Uitvlucht.

Lees meer oor Uitvlucht hier.

“Ek en my vrou, Nerine, het die rowwe weergawe van die fliek gekyk en dadelik geweet wat die gevoel van die liedjie moet wees. Sy het weggespring met die lirieke en dit was sommer vir my maklik om die regte melodie vir die liedjie te skryf, want dit is ’n fliek wat ’n mens nie net kyk nie, maar wat jy ook voel”, sê Vaughan.

Uitvlucht is ’n storie van hoop, genade en van die liefde wat alles oorwin. Oscar Petersen, Lika Berning, Clyde Berning, Margot Luyt en Carel Trichart is ook te sien in die rolverdeling.

Uitvlucht word op 13 Mei 2016 in Suid-Afrika deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

Besoek dié Facebook-blad vir meer, kry die fliek op Twitter by @uitvlucht_movie en gebruik die hutsmerk #HyTiekieDraaiOorJou.