Logo
Plaasjapie
web uni tv guide

Plaasjapie

144RealiteitPG13 L

Lekker lag en lekker huil – Plaasjapie

Nuus
12 Oktober 2022
Loer hier na ons gunsteling oomblikke van die reeks!
Plaasjapie

Die eerste seisoen van Plaasjapie was volle harde lesse, skreeusnaakse oomblikke en uitmergelende uitdagings wat die stadsjapies se geduld, kennis en uithouvermoë getoets het. Hier is ’n paar oomblikke wat ons beslis nie gou gaan vergeet nie!

Die stadsjapies was uitgedaag om kos te eet wat hulle dalk nog nooit tevore geëet het nie en party het meer gesukkel as ander!

Die top-vyf moes vir ure lank balanseer om in die kompetisie te bly in een van die moeilikste en uitputtende uitdagings in die hele reeks.

Hierdie reeks was ook propvol oomblikke van omgee en saamstaan met baie agte konneksies wat gevorm was. Dié oomblik het beslis hartsnare geroer.

In hierdie episode van Plaasjapie het die deelnemers ’n kans gehad om van hulle frustrasies ontslae te raak en almal het vir seker alles gegee om te wen! Dian wou egter net nie ‘doodgaan nie’.

Billy en Leo-Nene se konflik het vir lank voortgeduur en in dié episode het Bean se frustrasies in die span beslis kookpunt bereik!

Dit was ’n pragtige oomblik vol trots toe Dian se spanmaats hom omhels nadat hy aangewys is as die heel eerste #Plaasjapie!

Jy kan nou die hele eerste seisoen van #Plaasjapie op DStv Catch Up kyk!