Logo

kykNET kry talle benoemings vir ATKV-Mediaveertjies

Nuus
11 April 2016
Op 13 Mei is dit weer tyd vir die ATKV-Mediaveertjies, wanneer uitblinkers in die Afrikaanse media bekroon sal word vir uitstaande bydraes in die vorige jaar.
ATKV Veertjies Terug

Op 13 Mei is dit weer tyd vir die ATKV-Mediaveertjies, wanneer uitblinkers in die Afrikaanse media bekroon sal word vir uitstaande bydraes in die voorafgaande jaar.

Die kategorieë waarin daar meegeding word is lees (gedrukte/digitale media), luister (radio/digitale media) en kyk (TV/digitale media).

Die kykNET-reekse Vlug na Egipte en Terug na Egipte spog met verskeie benoemings, Buurtwag is drie keer benoem, Jou Show, Koekedoor, JAM! en Die GROOT Ontbyt is in twee kategorieë vir vermaak benoem, terwyl ’n Ander wêreld met Coenie, Sandra op ’n drafstap, Kwêla, Reis na Gister, Robinson, Insig en kykNET Verslag benoem is in die TV-kategorie vir aktuele genres.

Die wenners sal tydens ’n glansgeleentheid by Vodacom World in Midrand bekend gemaak word.

Hier is die volledige lys van benoemdes:

LUISTER

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram
• Martelize Brink – Oggend op RSG: dr. Dan Sleigh, RSG
• Ettienne Ludick & Sue Pyler – Middag op RSG: Tannie Evita word 80, RSG
• Su-an Marais – Su-an en so aan: Verskeidenheid, GROOTfm 90.5

Beste insetsel in ’n joernaalprogram
• Krisjan Fourie & Suna Venter – Monitor: Sweepslag, RSG
• Anna-Marie Jansen van Vuuren – Naweek-aktueel: Skepper van verskeie Afrikaanse kinderliedjies, Betty Misheiker, oorlede, RSG
• Johan van Lill – RSG Kuns: Die braille-musiekproefleser, RSG

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram
• Lynette Francis – Praat Saam: Vakbonde, RSG
• Suzanne Paxton – Spektrum: Randall Wicomb se laaste woorde, RSG
• Ivor Price & Anita Visser – Monitor: Versoeningsdag met eerw. Frank Chikane & Adriaan Vlok, RSG

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram
• Izak du Plessis – Monitor: Gekaapte geboue, RSG
• Izak du Plessis – Monitor: Namakwaland, RSG
• Anita Visser – Monitor: Hirosjima: 70 jaar later, RSG

Beste joernaalprogram
• Martelize Brink – Oggend op RSG, RSG
• Ilse Salzwedel – Die woordketting, RSG
• Veronique van Heyningen – Middag op RSG, RSG

Beste nuus- of aktualiteitsprogram
• Lynette Francis – Praat Saam: Omar al-Basjir, RSG
• Suzanne Paxton & Melissa Tighy – Spektrum: President Jacob Zuma se staatsrede, RSG
• Ivor Price & Anita Visser – Monitor: Kairos – 30 jaar later, RSG

Beste dokumentêre program of programreeks
• André Liebenberg – T.T. Cloete: Woordsmid, Pretoria FM
• Johan Rademan – Klara Majola, RSG
• Johan van Lill – Christopher Kindo: Voete soos vlerke, RSG

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program
• Marianne Breytenbach – Alternatiewe kommunikasie, Pretoria FM
• Johan van Lill – Ons en die onderwys: Beginneronderwysers, RSG
• Johan van Lill – Ons en die onderwys: Robotte in die klaskamer, RSG

Beste teks vir ’n radiodrama of -teater
• Martyn le Roux – Bloedlyn, RSG
• Ingrid Penzhorn – Ontnugter, RSG
• Perdita van Dijk du Bois – Wat sal die mense sê, RSG

Beste regisseur van ’n radiodrama of -teater
• Renske Jacobs – Bloedlyn, RSG
• Bettie Kemp – Sonate, RSG
• Johan Rademan – Van die vlees, RSG

Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie
• Su-an Marais – Su-an en so aan, GROOTfm 90.5
• Anton Treurnich – Vuurvas, Tygerberg 104FM
• Johrné van Huysteen – Die GROOT Ontbyt, GROOTfm 90.5

LEES

Beste in-diepte artikel
• Maygene de Wee – Reeks van opvolgartikels: George "Geweld" Thomas, Die Burger
• Murray La Vita – Pyn, potta-potta en protes, Die Burger
• Gerrit Rautenbach – Die eerste standbeeld het al lank terug geval, Die Burger

Beste ondersoekende joernalistiek
• Pieter-Louis Myburgh – R600 miljoen-optelfout - Ingevoerde lokomotiewe te hoog vir SA spoorlyne, Rapport
• Marelize Potgieter – ’n Ander vrou het Zephany vir my gegee, Huisgenoot
• Susan Purén – Weggesluit vir 40 jaar oor verbode liefde, Huisgenoot

Beste persoonlikheidsprofiel
• Vicus Bürger – Bokspring van student tot Groen-en-Goud-held, Volksblad
• Anika Marais – Die leier van die Bybelstudie-bendes, By: Die Burger
• Hanlie Retief – SaamgeZOID, Rapport

Beste kunste-artikel
• Marida Fitzpatrick – Wit en gatvol ja, maar nie ’n rassis, sê Willem Boshoff, Beeld
• Herman Lategan – Jani Confidential: Briljante joernaal van ontheemding, Beeld, Die Burger & Volksblad Boeke
• Danie Marais – Saam met Coenraad de Buys terug na die geroofde land, By: Die Burger

Beste leefstyl-storie
• Danie Marais – Hoe groot is “mooi”?, By: Die Burger
• Pieter Steyn – Die kat kom weer, Huisgenoot
• Sandra Troskie – ’n Toer met skoppensboer, Vrouekeur

Beste essay, rubriek of opiniestuk
• Maygene de Wee – Die ouma wat geweet het van respek kweek, Die Burger
• Marida Fitzpatrick – “Ja, ek is bevoorreg omdat ek wit is”, Netwerk24
• Herman Lategan – Kerkklokke of klinkende metaal?, Rapport

Beste sportartikel
• Eduan Roos – Melbourne verander in Moembai ná sege, Beeld
• Egmont Sippel – Stuur groete aan Johan Walters, Rapport
• Sophia van Taak – Vanaand gaan die poppe dans!, Weg

Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant
Bloemnuus – Redakteur: Ruan Bruwer
Die Pos – Redakteur: Keina Swart
Vrystaat – Redakteur: Susan Maré

KYK

VERHALENDE GENRES

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama
• Beer Adriaanse – Buurtwag
• Paul C. Venter – Terug na Egipte
• Paul C. Venter – Vlug na Egipte

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama
• Beer Adriaanse – Buurtwag
• Human Stark – Terug na Egipte
• Human Stark – Vlug na Egipte

Beste dramareeks of enkeldrama
• Johan Cronje – Buurtwag
• Human Stark – Terug na Egipte
• Human Stark – Vlug na Egipte

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama
• Eric Nobbs – Vlug na Egipte
• Frank Opperman – Terug na Egipte
• Frank Opperman – Vlug na Egipte

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama
• Marion Holm – Terug na Egipte
• Marion Holm – Vlug na Egipte
• Rolanda Marais – Terug na Egipte

AKTUELE GENRES

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram
• Coenie de Villiers – ’n Ander wêreld met Coenie, kykNET
• Sandra Prinsloo – Sandra op ’n drafstap, kykNET
• Hannes van Wyk – Kwêla, kykNET

Beste insetsel in ’n joernaalprogram
• Hanné Koster – Kwêla: Nuwe boek oor Ingrid Jonker, kykNET
• Jaco Smit – Kwêla: 25 jaar na FW de Klerk, kykNET
• Jaco Smit – Kwêla: Jans Rautenbach, kykNET

Beste joernaalprogram
• André Calitz & Ronel Moodie – Reis na Gister, kykNET
• Susan Scott – 50/50: Kruger se wildehonde, SABC 3
• Paul Venter – Kwêla, kykNET

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram
• Lynette Francis – Fokus: Helen Zille, SABC 3
• Freek Robinson – Robinson, kykNET
• Elma Smit – Topstories: Oscar Pistorius appèlverhoor, Netwerk24

Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram
• Renée de Villiers – kykNET Verslag: Roodepoortskool, kykNET
• Karin d'Orville – Fokus: Lig vir Luke, SABC 3
• Maryna Lamprecht & Jurg Slabbert – Topstories: FIFA-korrupsieskandaal, Netwerk24

Beste nuusinsetsel
• Adriaan Basson & Pieter du Toit – Sittende Zuma en EFF-lede, Netwerk24
• Maryna Lamprecht & Jurg Slabbert – Topstories: FIFA-korrupsieskandaal, Netwerk24
• Le Roux Schoeman – Topstories: Busongeluk, Netwerk24

Beste nuus- of aktualiteitsprogram
• Loftus Marais – Insig, kykNET
• Wim Steyn – kykNET Verslag, kykNET
• Alet van Rensburg Wright – Fokus: Voortbestaan van Afrikaans as onderrigtaal by Universiteite, SABC 3

Beste dokumentêre program of programreeks
• Marike Bekker – Sing Kaaps, kykNET
• Linda de Jager & Coenie de Villiers – ’n Ander wêreld met Coenie, kykNET
• Wynand Dreyer & Christelle Parrott – Formidabele vroue: Petronella van Heerden, kykNET

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program
• Bonné de Bod & Susan Scott – 50/50: Padreëls, SABC 3
• Phillip Lennon – 50/50: Bio Blitz – Omgewingsgesondheid, SABC 3

Beste vermaaklikheidsprogram
• Ben Heyns – Jou Show, kykNET
• Alizia Linden – Maak my nuut, VIA
• Paul Venter – Koekedoor, kykNET

Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram
• Emo Adams – Jou Show, kykNET
• Brandon October – JAM!, kykNET
• Johrné van Huysteen – Die GROOT Ontbyt, kykNET

Gesels gerus op Twitter saam by #Veertjies2016.