Logo

kykNET & Kie-aanbieder: Paula Davids

Nuus
27 Mei 2015
Leer Paula Davids, een van die nuwe kykNET & Kie-aanbieders, van nader ken.
02
Paula Denille Davids (19) van Kimberley het drama aan die National School of Arts in Johannesburg studeer. Sy woon tans Afda se rolprentskool by.

Paula is lief vir skryf en geniet dit om selfies te neem. “Ek maak stories van my eie, deur na hulle stories te luister,” sê Paula. Sy wil graag stories oor die kleurling-gemeenskap vertel.