Logo

kykNET & Kie-aanbieder: Ashmund Martin

Nuus
28 Mei 2015
Ashmund Martin, een van kykNET & Kie se nuwe aanbieders, vertel ons meer van homself.
06
Ashmund Martin, een van kykNET & Kie se nuwe aanbieders, vertel ons meer van homself.

Ashmund (30) is in Prieska gebore. Dié Noord-Kapenaar wou al van kleintyd af mense vermaak. Hierdie droom het later, in Kaapstad, ’n werklikheid geword, toe hy as navorser en leerling-aanbieder by kykNET se Kwêla begin werk het.

Ashmund het al sy stem aan die MTN SAMA’s en ander korporatiewe geleenthede verleen, hy was onder Idols SA se top-100 (2010) en het al rolle in die fliek Rowwe Diamante en die sepie The Wild losgeslaan. Hy is boonop ’n vryskut-radio-aanbieder van Gareth Cliff se radiostasie, Cliffcentral.

Kyk die video hier onder, waarin Ashmund ons meer van homself vertel.