Logo

kykNET gaan groot by KKNK

Nuus
30 Maart 2015
Hierdie jaar spel ons fees met ’n K vir kuier by die KKNK!
Capture
Hierdie jaar by die KKNK is 'K' vir kykNET. Al wat ’n kunstenaar is wag om te vermaak, insluitende Corlea, Hannie Moolman, Laurika Rauch, Joshua na die Reën, Zanne Stapelberg, Brandon October, Bok van Blerk en Richard van der Westhuizen.

Op die planke by die kykNET Teater by Hoërskool Oudtshoorn gaan groot plaaslike teatergeeste te sien wees.



En die jonges kan vermaak word deur Tjiff en Tjaff in lewende lywe.

Hou die kykNET Facebook blad dop vir nuus oor Tjiff en Tjaff se optredes.

Maar dis nie al nie!

Geniet ook ’n stoute stukkie koek of hoë tee saam met regte Kokkedore.