Logo

kykNET Cruise 2020

Nuus
15 Oktober 2019
Kom vaar saam met jou gunsteling kykNET-persoonlikhede op see!
kykNET Cruise 2020

Kom geniet ’n onvergeetlike luukse bootreis saam met jou gunsteling kykNET-bekendes vanaf 13 – 16 Maart 2020.

Vaar op die MSC Orchestra vanaf Durban na die goue strande van die Portugese Eiland met jou gunsteling Binnelanders, Getroud Met Rugby en Suidooster-akteurs sowel as Gerrie Pretorius van Leef jou reis, Leah van Boer soek ’n vrou én Willem Botha van Kwêla!

Hier is wat jy alles op die boot kan verwag:

Vrydagmiddag: ‘Sailing Away Party’ met MSC en al die kykNET-bekendes!

Vrydagaand: Ontmoet & Groet – Kom neem ’n foto saam met jou gunsteling kykNET-persoonlikhede en kuier net lekker saam met hulle.  

Saterdag: Touch-rugby kompetisie met kykNET-bekendes: kom speel saam of ondersteun net jou gunsteling span. Wie weet? Miskien speel jy so goed dat jy vir die Stryders kan uitdraf!

Saterdagaand: kykNET-partytjie saam met al die kykNET-sterre. Jy sal ook kan uitvind wie van ons bekendes ’n hond uit ’n bos uit kan sing.

Sondagoggend: Leef jou reis se Gerrie Pretorius, Kwêla se Willem Botha en Leah van Boer soek ’n vrou vertel ons van hulle hoogtepunte die afgelope jaar.

Sondagmiddag: kykNET-impromptu – Die sepie-sterre gaan grepies uit Binnelanders, Getroud Met Rugby en Suidooster opvoer. Dan word almal in diep waters gegooi met ’n ‘Impromptu’ toneelspeel-sessie. Enigiets kan gebeur… en miskien word jy verhoog toe geroep!

Kliek hier om die advertensie te sien!

Slegs ’n R3000 deposito is benodig om jou kajuit te bevestig. Die balans is slegs 60 dae voor die reis betaalbaar.

Wanneer jy bespreek maak seker jy kies die kykNET Cruise-skakel.