Logo

kykNET Buite-ekspo 2016 (Wes-Kaap)

Nuus
13 Januarie 2016
Trio Events bied weer kykNET se Buite-ekspo (Wes-Kaap) – vir die 11de keer in Suid-Afrika en die 6de keer in die Wes-Kaap – aan.
KykNet Buite Ekpso 19-21 September 2014
Trio Events bied weer kykNET se Buite-ekspo (Wes-Kaap) – vir die 11de keer in Suid-Afrika en die 6de keer in die Wes-Kaap – aan. Dié buitelug-ekspo vind vanaf 12 tot 14 Februarie 2016 plaas op die Môreson-plaas, geleë op die N7 en sowat 30 minute se ry vanuit Kaapstad.

Daar word gemik om vanjaar sowat 16 000 dagbesoekers te lok, ná ’n puik bywoning in 2015 van bykans 15 500 mense. kykNET is die hoofmediaborg, en Tygerburger, Die Courant (Malmesbury), Tygerberg 104 FM (met blootstelling ook op BOK Radio en Radio Namakwaland) en Weg is senior mediaborge. Ander senior borge is Campworld, Olof Bergh, Swartland-munisipaliteit, Agrimark, Wes Kaap Regering, Jimmy’s Steakhouse Sauces, Ford SA (Lazarus Groep—Malmesbury en Centurion) en Skywise. Die totale waarde wat ons senior borge toevoeg beloop bykans R2 000 000!

Die kykNET Buite-ekspo het ten doel om die buitelewe te bevorder en te simuleer in ’n veilige plaas-omgewing en om heerlike aktiwiteite vir gesinne in die buitelewe te bied.

34 buite 01


Wat maak dié ekspo uniek?

– Die terrein waar die kykNET Buite-ekspo aangebied word is net buite die stadsgewoel op ’n plaas wat spesifiek ontwikkel word om ons talle uitstallers te huisves.
– Uitstallers koop 10m x 10m-uitstalareas, wat elkeen toegang tot krag en water het, en moet hulle eie infrastruktuur verskaf om die uitstalling aantreklik en so prakties moontlik te maak.
– Die doelwit is om soveel as moontlik gesinne gedurende die naweek te laat saam kamp in die omgewing, hetsy in woonwaens, tente of chalets.
– Die uitstallers bly ook fisies gedurende die naweek op hulle uitstalspasies en skep sodoende ’n realistiese uitstalling.
– Besoekers kan dus interaktief met die uitstallers verkeer en eerstehands ervaar hoe sekere toerusting in werklike omstandighede funksioneer.
– Besoekers neem in gesinsverband deel aan verskeie aktiwiteite wat aangebied word.
– Alhoewel kunstenaars optree om vermaak te verskaf, bly die fokus op die buitelewe en kampering en is dit nie ’n musiekfees nie!

34 buite 02


Logistiek op terrein gedurende die kykNET Buite-ekspo:

– Sowat 100 buitelug-uitstalareas, waar uitstallers ook sal kampeer
– 16 000 dagbesoekers
– OTM-fasiliteite
– Konnektiwiteit vir kredietkaart-fasiliteite
– Veilige parkering vir dagbesoekers
– Voldoende sekuriteit
– 50m x 25m onderdak-arena met verhoog en kroegfasiliteite
– BBP-area met verversings vir ons borge, media, gaste en kunstenaars
– Selfoonontvangs
– Skoon en diensbare ablusiegeriewe

34 buite 03


Beplande aktiwiteite:

– 4x4-ervarings saam met André de Villiers van Safari 4x4-roetes
– Veldren-ritte
– 4x4-geleenthede
– Deli en kunsmark
– Helikopter-ritte
– Valskermspring en vryval-geleenthede
– Verskeie kunstenaars geborg deur Olof Bergh
– Teetuin
– Jimmy’s Steakhouse Sauces se Celeb Braai Pie-kompetisie
– Quad-fiets en veldfiets-vertonings deur die Western Cape Off-Road Club
– Santam en Swartland se wyn- en olyfroete-wyntuin
– ’n Wye verskeidenheid kos-stalletjies
– Kroeg-fasiliteite en biertuin
– Kindervermaak op terrein—speelpark
– Lollos-aanbieding spesiaal ook vir ons jongspan
– DStv en grootskerm vir sport-uitsendings en verskeie kykNET TV-persoonlikhede

Ons ondersteun ook hierdie jaar die Breyton Paulse Foundation, wat voorheen benadeelde gemeenskappe van die Koue Bokkeveld (Ceres en omgewing) help om talent te ontwikkel wat andersins nie sou raakgesien word nie. Breyton Paulse het in hierdie streek grootgeword en dit is dan ook sy passie en hartsbegeerte om soveel as moontlik hier terug te ploeg en die idee sou dan ook wees om dit later uit te brei na ander dele van Suid-Afrika.

Besoek gerus ons webtuiste by www.ekspo.co.za (ondergaan tans opdatering) om meer te wete te kom.

Navrae oor uitstallers en kampering kan gerig word aan Jacquelene Gossmann by [email protected] of 082 201 6722 of Tersia Schneider by [email protected] of 071 659 9915.