Logo

Kykgenot hierdie feestyd op kykNET

Nuus
02 Desember 2021
kykNET (DStv-kanaal 144) vier die feestyd behoorlik met ‘n rits spesiale programme en flieks.
Andre Rieu Home For Christmas

Kykers kan uitsien na die volgende:

Andrew Murray: Prysfonds se pryse partytjie
Sondag 5 Desember 10:30

Die program vertel wat die afgelope twee inperkjare met die Andrew Murray-prysfonds se pryse en toekennings gebeur het. Dit is wel toegeken, maar die gewone oorhandigingspartytjie kon nie plaasvind nie. Vanjaar word die “partytjie” op ‘n ander manier gehou.

Die Andrew Murray-prysfonds bestaan al langer as 40 jaar met die bedoeling om uitnemendheid in die Christelike media en musiek te bevorder deur die bekroning van werk van hoogstaande gehalte in Afrikaans en ander tale van Suid-Afrika, en deur toekennings te maak aan verdienstelike persone en instansies.

Die program gaan oor die wenners van die pryse en toekennings in 2020 en 2021, vertel waarom die verskillende persone gewen het en wat hulle bydrae is tot die bevordering van Christelike en teologiese media.

Vrystaat Klank En Klassik: Baroque to Broadway
Sondag 19 Desember 10:30 

Magdalene Minnaar toon haar diverse liefde vir musiek. Sy en die pianis Maryke Johnson het ‘n boeiende program saamgestel met bekende werke van die Barok tot die klassieke era.

1638428217 56  vrystaat klank en klassik baroque to broadway  1

‘n Ster vir Kersfees
Vrydag 24 Des 21:00

Hierdie is nie jou gewone Kersfees-program nie, dit is 'n Kersfees-avontuur!

Deernis en dankbaarheid is agter die stuur van hierdie Kersavontuur waar drome waar word in ’n tyd waar ons almal aan so ’n moontlikheid herinner moet word.
Die drie Wyses (Stella, Elana Afrika-Bredenkamp en Robbie Kruse) is op 'n avontuur op soek na ware Kers-gees. Solomon Cupido verras ook om elke hoek en draai. Saam lei hulle ons van ster na ster en liedjie na liedjie soos wat hulle die land vol reis en Kers-gees versamel van al die bekende kykNET gesigte...

1638428242 56 n ster vir kersfees 1

Die Boodskap Kersdiens
Saterdag 25 Desember 09:00

Inspirasie vir jou lewensreis vanuit Mosaïek gemeente. Saam met Johan Geyser verken ons die storie van vlees en verwondering.

Asseblief en Dankie
Saterdag 25 Desember 20:00

Krismis-gees, nooi hy haar om in sy luukse 'penthouse' aan te sterk.

Die Gauteng Filharmoniese orkes: Kerskonsert
Sondag 26 Desember 10:30

Die Salon Musiek Kerskonsert word nou reeds 25 jaar met groot sukses in Gauteng aangebied. ’n Pragkonsert van Kersfeesmusiek opgestel deur Willem Vogel en aangebied by die Brooklyn Teater met die Gauteng Filharmoniese Orkes o.l.v. David Scarr.  50 koorlede van Studio Chorale; Sopraan Ilze Coetzee; Bariton Christopher Vale en Orrelis Isabelle van Rensburg. Van die Kersmusiek en gewyde musiek sluit o.a. Adeste Fideles, Hoor die blye Engellied, Benedictus van Karl Jenkins, O divine Redeemer, Somerkersfees, die Nonnekoor uit Cassanova van Johan Strauss in.

Andre Rieu – Home for Christmas
Sondag 26 Des 20:00

André Rieu hou 'n feestelike Kerskonsert by sy huis, 'n middeleeuse kasteel in Maastricht. Saam met sy Johann Strauss -orkes, soliste en koor voer hy 26 van die mooiste Kersfeesliedere op.