Logo

Krone-konsert op kykNET Musiek

Nuus
21 April 2015
Die Krone-konsert 2014 word op Saterdag 25 April om 21:30 op kykNET Musiek uitgesaai.
Krone

Die Krone-konsert 2014 word op Saterdag 25 April om 21:30 op kykNET Musiek uitgesaai.

Vyf van Suid-Afrika se voorste kunstenaars, ondersteun deur nog nege ewe bekende musieksterre, bied ’n keur van die gewildste plaaslike en internasionale musiek aan. Die Krone wat julle op jul voete gaan hou is Heinz Winckler, Ray Dylan, Kurt Darren, Nicholis Louw en Snotkop. Wicus van der Merwe, bekroonde sanger en ervare seremoniemeester, gaan die toon aangee by hierdie konsert met ’n verskil.

Kurt Darren, Nicholis Louw, Ray Dylan, Heinz Winckler en Snotkop  het die afgelope twee jaar duisende musiekliefhebbers vermaak met die lekkerste saamsing-jol in Suid-Afrika. Na ’n reeks tjok-en-blok vertonings in 2014 is hulle weer terug, saam met ’n hele rits gunsteling-gaskunstenaars, vir ’n uitvoering met selfs nog meer oemf!

Elizma Theron, Liezel, Andriëtte, Manie Jackson en Adam Tas is slegs enkele van die top name in Suid-Afrikaanse musiek wat by die Krone sal aansluit in ’n fees van woord en melodie – van goue oues uit lank-vervloë jare tot splinternuwe treffers!

Die aand se vermaak sal bestaan uit ’n reeks keurspelle – met lirieke op die grootskerm sodat die gehoor uit volle bors kan saamsing – saamgestel uit die grootste plaaslike en internasionale treffers van ons tyd. Of jy nou van ligte Afrikaans, country, rock, pop, two-steps of lekker voetstamp-sokkie hou, beloof daar om iets vir elke musikale keur en geur te wees.

As jy nie Saterdag kan kyk nie, skakel gerus in vir een van die herhalings: Sondag 26 April om 18:00 en Dinsdag 28 April om 22:00.