Logo
Plaasjapie
web uni tv guide

Plaasjapie

144RealiteitPG13 L

Konneksies en ‘kindness’ – Plaasjapie

Nuus
07 Oktober 2022
Lees meer oor die eerste #Plaasjapie!
Dian Plaasjapie

Dian is vanaand aangewys as die heel eerste wenner van Plaasjapie nadat hy weereens goeie leierskap en kalmte getoon het om drie uit die laaste vyf uitdagings te wen! Dit was selfs nog meer spesiaal dat Dian die laaste uitdagings kon aanpak met Esteban en Bean, met wie hy op die tweede dag van die reeks al konneksies gevorm het.

“Dis vir my asof die hoofstuk homself net uitgespeel het...”

Dian glo dat hierdie vermoë om konneksies te vorm met sy spanmaats grootliks bygedra het tot sy sukses in die reeks. Hy glo ook dat hierdie konneksies binne en buite die kompetisie moet wees om werklik ’n persoonlike band te vorm met sy spanmaats. Die verhouding tussen Dian en sy spanmaats was baie duidelik deur die loop van die reeks en gevolglik was Dian altyd aan die regte kant van die stemme en nooit in die middel van die drama nie.

Kyk hier Dian se eerste onderhoud as die wenner van Plaasjapie

Die prysgeld beteken dat Dian ’n nuwe hoofstuk in sy lewe kan begin en gee ook vir hom die geleentheid om ander kunstenaars te help. Hy noem wel ook dat daar ‘familie gedagtes’ op die horison is!

Alhoewel Dian na die diere gaan verlang en baie geleer het tydens hierdie proses is hy beslis bly om terug te wees in die stad en glo steeds nie dat die plaaslewe vir hom bedoel is nie!

“Ek sal so twee, drie weke ’n jaar ‘in check’ om seker te maak alles is nog reg.”

Die stof op die plaas het gaan lê en Dian is terug in sy gemaksone, maar die seer arms, vuil klere, vroeë oggende en ‘bully beef’ sal hom altyd by bly en herinner aan waartoe hy in staat is.     

Indien jy die laaste episode misgeloop het, kyk dit nou op die DStv-app.