Logo

Kokkedoortjie: Soek die Goue Haan en wen!

Nuus
05 April 2017
Daar is weekliks heerlike pryse op die spel vir kykers wat die Goue Haan kan opspoor!
Goue Haan Kokkedoortjie

Waar in Wonderland skrop die Goue Haan rond? Dalk by ’n Kokkedoortjie?

Kyk elke week Kokkedoortjie op kykNET (DStv-kanaal 144) en besoek die kykNET-webblad vir video-leidrade om aan dié opwindende kompetisie deel te neem.

Skryf weekliks hier in.

Wat kan jy wen?

Elke week kan een kyker die volgende stel boeke wen:

Koekedoor 1

Koekedoor 2

Een Maal (Johnny Hamman)

Uitgerys (Mareli Visser)

Corli se Kombuis (Corli Botha)

Aan die einde van die reeks sal al die wenners van die 13 episodes in ’n trekking geplaas word, waar een wenner die volgende stel boeke sal wen:

Kokkedoortjie 1 (geteken)

Twee resepteboeke van Tannie Poppie

Tuistafel (Errieda du Toit)

Eenpot (Mari-Louis Guy)

Kook & Geniet