Logo

Kokkedoortjie: Skryf só in

Nuus
08 Julie 2016
Jong kos-entoesiaste en -foendi’s in die land, skuif nader: dis tyd vir Kokkedoortjie – kykNET se nuwe werklikheidsreeks vir kinders tussen die ouderdomme van 9 en 13 jaar.
Nic van Wyk Kokkedoortjie

Jong kos-entoesiaste en -foendi’s in die land, skuif nader: dis tyd vir Kokkedoortjie – kykNET se nuwe werklikheidsreeks vir kinders tussen die ouderdomme van 9 en 13 jaar.

Aan die stuur staan die geliefde Koekedoor-beoordelaar Mari-Louis Guy en die Kokkedoor-staatmakersjef Nic van Wyk.

[caption id="attachment_226573" align="alignleft" width="886"]
34 koekedoor ll mari louis
Mari-Louis Guy[/caption]

[caption id="attachment_280086" align="alignleft" width="886"]
34 nic van wyk kokkedoortjie
Nic van Wyk[/caption]

Dis vir húlle wat daar weekliks beïndruk sal moet word om te verseker dat jy as die heel eerste Kokkedoortjie aangewys sal word.

Elke Kokkedoortjie sal ook ’n ma of pa, ouma of oupa moet saambring, wat nie net as chaperone sal dien nie, maar ook as kos-inspirasie, en ook kook- en bakmaat in een of twee van die uitdagings! Maak dus seker jy kies jou familielid báie goed en uiters versigtig.

Aanlyn-inskrywings is moontlik op die kykNET-webwerf (sien hier onder), of maak kontak met Liezel Loubser by Homebrewfilms ([email protected] of 021 4223452) vir meer inligting.



Julle albei moet beskikbaar wees vanaf 30 September 2016 tot 8 Oktober 2016 om in Kaapstad te verfilm aan die reeks (alle reis en verblyf sal voorsien word).

Inskrywings is nou oop tot 8 Augustus 2016.

SKRYF IN


Laai die inskrywingsvorm hier af: Kokkedoortjie Inskrywingsvorm

Klik hier vir die reëls en voorwaardes: Kokkedoortjie Terme en Voorwaardes

Kyk uit vir meer inligting op die kykNET-webwerf en op kykNET se Facebook-blad.