Logo

Kokkedoor-deelnemer se been geamputeer

Nuus
10 Julie 2015
Chris Greeff, ook bekend as die “dansende sjef” van Kokkedoor se tweede seisoen, se regterbeen is gedeeltelik geamputeer.
Sjef Chris Greeff
Chris Greeff, ook bekend as die “dansende sjef” van Kokkedoor se tweede seisoen, se regterbeen is gedeeltelik geamputeer.

Greeff, ’n diabeet, se been moes weens gangreen onder die knie afgesit word. Dit volg nadat hy ’n slegte stamp opgedoen het.

Greeff het die operasie in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein ondergaan en is daarna in ’n versorgingseenheid opgeneem.

Vriende van Greeff het ’n fonds op Facebook begin sodat mense tot sy rehabilitasie en prostese kan bydra. Mareli Visser, vanjaar se Koekedoor-wenner, het die eerste skenking gedoen.

Greeff het in die 2014-Kokkedoor-seisoen, met sy heerlike geregte en skerp sin vir humor, diep in kykers se harte gekruip.