Logo

Koekedoor Episode 7: Nostalgiese herinneringe

Nuus
24 April 2015
Die Koekedore is so te sê by die halfpad-kerf, en hulle is opgewonde wanneer die beoordelaars dié week se tema aankondig: kinderpartytjies.
Ep.7 Opsomming

Die Koekedore is so te sê by die halfpad-kerf, en hulle is opgewonde wanneer die beoordelaars dié week se tema aankondig: kinderpartytjies.

Valerie se oë skiet vol trane. “Ek verlang verskriklik na my kinders,” sê sy. Mareli stem: “Jy raak nostalgies oor die huis en almal wat daar is.” Kinderpartytjies het die lus om te bak by haar aangewakker.

Hy is op sy senuwees, sê Murray, want om in die top-5 te kom is ’n hekkie wat hy graag wil oorkom.

Die tuisgebak-uitdaging is gemmerbrood-figuurtjies, en die temas wissel van see tot dieretuin. Die Koekedore gebruik hul eie familieresepte.

“Ek het goeie stamina opgebou vir die kompetisie,” sê Martjie. Terwyl sy bak is sy “eintlik nie hier nie,” sê Gerda. Sy word weggevoer na die see, waar sy met haar kleinkind in die sand speel.

Die windpomp inspireer hom die meeste, sê Gerrit. Hy moet ’n plaastoneel laat lewe kry. Martjie werk aan ’n safari-tema en Mareli aan ’n township-tema.

“Ek het so ’n bietjie van ’n bewe aan my,” sê Mareli terwyl sy besig is met die versierwerk.

Lees meer op die Koekedoor-webblad.