Logo

Koekedoor-beoordelaar deel haar kennis

Nuus
18 Maart 2015
Ons lieflike Koekedoor beoordelaar, Mari-Louis Guy, en haar broer, Callie, het by die Woordfees, die nuutste tendense in bak, met gelukkige Woordfees-gangers gedeel.
K 1

Ons lieflike Koekedoor beoordelaar, Mari-Louis Guy, en haar broer, Callie, het by die Woordfees die nuutste tendense in bak met gelukkige Woordfees-gangers gedeel. Hulle het ook geheime verklap rakende die ster kwaliteit wat binne die gewone koek skuil.


Ons Koekedoor beoordelaar, Mari-Louis Guy, is internasionaal bekend as ‘n kos-stillis, koek-ontwerper- en skrywer. Sy en Callie besit die toonaangewende Cakebread in Kaapstad en is, onder andere, die skrywers van ‘Markdag’ en Koeke ter viering van Liefde en Lewe.


Op die dag kon Woordfees-gangers smul aan lieflike bier en spek geglanseerde oliebolle (doghnuts), asook ‘n liplek-lekker gin & tonic koek.


Hier is ‘n paar fotos wat by die geleentheid geneem is.

34 k 1
34 k3
34 k7
34 k9
34 k10
34 k11
34 k13
34 k14
34 k16


*Vir meer oor Koekedoor, Donderdae 20:30 op kykNET, besoek die Koekedoor webwerf.