Logo

Kerkorrel in die media – Kerkorrel: 20 jaar later

Nuus
11 November 2022
Daar was al verskeie kere in die media hulde gebring aan die ikoniese, Johannes Kerkorrel.
Kerkorrel doccie

Dit is 20 jaar later en Johannes Kerkorrel se musiek bly steeds relevant en populêr.

Johannes Kerkorrel was in Johannesburg gebore op 27 Maart 1960 en het bekendheid verwerf as ‘n sanger, liedjieskrywer en joernalis.

Hy is vanjaar op 12 November al 20 jaar oorlede en om hulde aan hom te bring saai kykNET, 13 November 2022 om 20:30, die dokumentêre-film, Kerkorrel: 20 jaar later uit wat vervaardig is deur Niel van Deventer en Palama Productions.

Hierdie is egter nie die eerste keer dat Kerkorrel in die media gehuldig sou word nie:

In 2003 verskyn die dokumentêr, "Johannes Kerkorrel" wat handel oor sy omstredenheid as ‘n musikant in die laat 80’s in Suid-Afrika.

Dié dokumentêr is beskikbaar om te stroom op Showmax.

In 2016 debuteer die speelfilm, "Johnny is nie dood nie" by die Silwerskermfees, waar dié film ook met agt gesogte pryse bekroon word, onder andere  “Beste akteur”, Beste regisseur” en “Beste draaiboek”.

Stroom dié film op Showmax.

In 2019 het Eet Kreef! Herleef die lig gesien en was Laudo Liebenberg, Frank Freeman, Sheldon Yoko, Mikhaela Kruger en Schalk van der Merwe verantwoordelik daarvoor gewees om dié ikoniese album van Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band weer te laat herleef.

Dié teaterproduksie was ook benoem gewees vir ‘n Fiëstas-toekenning in 2019 en ‘n gepaardgaande album was ook uitgereik gewees.

Dit is geen verrassing dat Johannes Kerkorrel steeds relevant is in die Suid-Afrikaanse musiek landskap nie. Kerkorrel: 20 jaar later word op 13 November om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.