Logo

‘Hollywood in my Huis’-temalied kom uit Joshua se pen

Nuus
12 Mei 2015
Joshua na die Reën, oftewel, Jacques de Villiers, het die temalied van die fliek Hollywood in my Huis geskryf en opgeneem.
HIMH Article
Joshua na die Reën, oftewel, Jacques de Villiers, het die temalied van die fliek Hollywood in my Huis geskryf en opgeneem.

Die musiekvideo vir “Alles Gee” word op Saterdag 16 Mei eksklusief op die kykNET-program Jukebox bekendgestel. Luister solank na ’n kort lusmaker hier.

“Alles Gee” is geskoei op die fliek se dialoog, vertel Joshua na die Reën. Dié liedjie is op die stoep van ’n gastehuis in Hoekwil, naby Wildernis, gebore. “’n Kersie het gebrand en die nag se atmosfeer het my weggevoer,” sê hy. “Ek het ’n rowwe selfoonopname vir Ben Ludik (klankbaan-vervaardiger) gestuur en later daardie week het hy my verras met ’n boodskap dat die liedjie amper klaar vervaardig is.

“Dit het my asem weggeslaan, want hy het my hart so mooi vasgevang!” sê hy.

Hollywood in my Huis vertel die storie van ’n doodgewone matriekmeisie, Jana van Tonder (Christia Visser), en haar ouers, Beatrice en Tos van Tonder (Nicola Hanekom en Louw Venter), asook Frikkie (Edwin van der Walt), haar beste vriend en sy ouma, wat aan die verkeerde kant van die spoor woon.

Wanneer Jana sien hoe Suid-Afrika se eie Charlize Theron ’n Oscar-beeldjie wen, inspireer dit haar om haar matriekafskeid in ’n aand so reg uit Hollywood te omtower.

Kyk die amptelike lokprent hier onder.



34 himh poster 2015