Logo

Help Nataniël om kinders te help

Nuus
16 Julie 2018
Raak só betrokke.
Nataniël

Foto: Getty Images

Nataniël het ’n hart vir liefdadigheid, en deur sy roemryke loopbaan was hy al by verskeie verdienstelike sake betrokke.

Kinders lê hom veral na aan die hart, en in 2011 het hy besluit om sy eie liefdadigheidsorganisasie, The Nataniël Progress Project, te stig. 

“’n Kind is die grootste geskenk,” sê Nataniël. “Elke kind is ’n siel wat in hierdie wêreld kom en elkeen het reeds ’n roeping. Dit is ons verantwoordelikheid om vir hulle leiding, liefde en beskerming te gee.”

Een van The Nataniël Progress Project se projekte is ’n boekie, Call to Arms, wat na vroeë kinderontwikkeling- en nasorgsentrums versprei word. Hierdie boekie is ’n gids vir enigeen betrokke by hierdie sentrums en gee hulle die nodige inligting om die gevaartekens raak te sien en met ’n kind wat moontlik mishandel word te werk. Die boekie gee ook die nodige raad om die saak verder te neem.

Die boek poog om die persone te bemagtig met die kennis en vaardighede wat hulle nodig het, en gee ook regsraad oor hoe die kind én die sentrum beskerm kan word.

Indien jy verdere inligting nodig het, kliek hier of kontak Natasha Meyer by 012 667 6018 of rig aan haar ’n e-pos by [email protected] .

Vir kontantskenkings:
Nedbank 
Rekeningnommer: 1017148104
Takkode: 17280500

Indien jy in die buiteland is en ’n skenking wil maak, is die Swift-kode NEDSZAJJ.

Skakel in vir Edik van Nantes – Winter, Woensdae om 20:00 op DStv-kanaal 144. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #EdikvanNantes.