Logo

Heidi se storie herleef op silwerdoek in Afrikaans

Nuus
09 Maart 2016
Die Switserse verhaal Heidi gaan later vanjaar vir die eerste keer in Afrikaans op die grootskerm verskyn.
Heidi Feature

Die Switserse verhaal Heidi gaan later vanjaar vir die eerste keer in Afrikaans op die grootskerm verskyn.

Times Media Films het die regte bekom van die oorspronklike Duitse weergawe, wat tans oorgeklank word in Afrikaans.

Die rolverdeling sluit onder andere in: Jenna Dunster (Heidi), Charlenè Brouwer (Klara), Rolanda Marais (juffrou Rottenmaier), Anel Alexander (tante Dete), Sandra Prinsloo (Klara se ouma) en Louis van Niekerk (Alm-Ohi, Heidi se oupa). Henrietta Gryffenberg behartig die regie.

Anel Alexander sê: “Heidi is volksbesit en was so ’n groot deel van my kinderjare. Wat ’n voorreg om deel te wees van dié star studded-rolverdeling agter die mikrofoon, wat die storie na die grootskerm toe bring in Afrikaans!”

Henrietta Gryffenberg meen Heidi is ’n moet-kyk vir die hele gesien. “Dis ’n ongelooflike rolprent,” sê sy. “Elke keer wanneer ek kyk, sien ek die aandag aan detail, die slim regie en die universele temas wat tot vandag toe nog tot ’n mens spreek.

“Dis ’n ongelooflike eer om saam met die room van Suid-Afrika se talent – ikone soos Bruno Ganz – oor te klank.”

Kyk die lokprent hier:



Heidi sal vanaf 2 September 2016 landswyd in teaters draai.