Logo
Glam Guru
web uni tv guide

Glam Guru

144VoorkomsPG

Hannon wys hóé

Nuus
08 April 2015
Glam Guru keer terug na die kassie! Dié splinternuwe seisoen skop af op Sondag 12 April om 18:00.
Glam Guru0238

Glam Guru keer terug na die kassie! In dié splinternuwe seisoen, wat op Sondag 12 April om 18:00 afskop, stel ons eers vas hoekom die kandidate by ’n voorkoms-kruispad staan.

Eers ontmoet Hannon Botha elke vrou by haar huis of werkplek. Hierna spring hy en sy span skoonheidspesialiste aan die werk om vir haar ’n blinknuwe voorkoms in die Glam Guru-ateljee te beplan. Dié voorkoms moet prakties uitvoerbaar wees, en nie net haar asem wegslaan nie.