Logo

Hannes van Wyk gesels oor kos

Nuus
25 Mei 2015
kykNET fokus vandeesweek op kos. Ons het met Kwêla-aanbieder Hannes van Wyk oor sy kos-gunstelinge gesels.
kykNET fokus vandeesweek op kos. Ons het met Kwêla-aanbieder Hannes van Wyk oor sy kos-gunstelinge gesels.

Wat is jou gunsteling-gebak?
Beslis my ma se souttert. Ek probeer dit ook maak, maar dit kom nooit so lekker soos hare nie. Ek kan glad nie kos maak nie, maar werk van my ma se resep af.

Soet of sout?
Gewoonlik sout, maar ek sal ook nie nee sê vir ’n lekker stuk sjokoladekoek nie.

Het jy al ooit iemand se hart met kos probeer verower? Indien wel, het dit gewerk?
Ja, dit het al gebeur, en glo my, dit het gewerk. Ek het later teruggegaan vir die kos en nie vir die geselskap nie (haha).

Vertel ons meer van jou kleintydherinneringe van kos en gebak.
Ek onthou so goed hoe my ma vroeg in die oggend in ons kombuis in Aliwal-Noord vetkoek gebak het. Die geure daarvan saam met die warmte van die kombuis sal my altyd bybly.

Wie maak kos in jou huis?
Beslis nie ek nie, maar ek kan ’n heerlike toebroodjie aanmekaar slaan.

Sal jy ooit onthaal vir vriende en familie, en self kosmaak? Of het jy al?
Ek onthaal nou en dan, maar dan kry ek iemand wat kos maak, of gaan koop kos en jok en sê ek het dit gemaak. (Tot dusver kon ek nog wegkom daarmee).