Logo

Groot sukses by die SAFTAs

Nuus
03 Maart 2019
Lees meer.
SAFTAs kykNET_Generic_Article Billboard 1600 x 640

Die 13de SAFTA-toekennings is verby en ons kan terug kyk na ’n suksesvolle aand waar verskeie kykNET-produksies beloon is met ’n golden horn. kykNET spog vanjaar met 14 toekennings by die SAFTAs, met groot sukses in die tegniese afdelings, sowel as die film kategorieë. Hier is die volledige lys van kykNET-wenners:

Beste prestasie in regie – Vollengte film
Daryne Joshua – Ellen, The Ellen Pakkies Story 

Beste aktrise – Vollengte film
Jill Levenberg – Ellen, The Ellen Pakkies Story

Beste akteur – Vollengte film
Jarrid Geduld – Ellen, The Ellen Pakkies Story

Beste prestasie in oorspronklike musiek – Vollengte film
Quinn Lubbe – Ellen, Die Ellen Pakkies Storie 

Lees hier die Multichoice-persverklaring.

Beste vroulike byspeler – Vollengte film
Ilse Klink – Stroomop

Beste prestasie in teks of draaiboek – Vollengte film   
Christiaan Olwagen & Charl-Johan Lingenfelder – Kanarie 

Beste prestasie in kinematogrofie – Vollengte film      
Willie Nel – Meerkat Maantuig 

Beste prestasie in hare en grimering – Vollengte film
Minuche Bridgette Snyman – Stroomop 

Beste prestasie in redigering – Vollengte film
Simon Beesley – Nommer 37 

Beste akteur – TV-komedie
Hannes Brummer – Elke Skewe Pot 2

Beste prestasie in klank – TV-drama
Stef Albertyn – Fynskrif 

Beste prestasie in oorspronklike musiek – TV-drama
Braam du Toit – Fynskrif 

Beste prestasie in kuns – TV-sepie
Michelle Cronje – Getroud met Rugby 

Beste musiekvideo    
The Rockets 50th Anniversary Concert

Multichoice het beïndruk by die SAFTAs, met programme soos The River wat die Telenovela-kategorieë gedomineer het met 11 toekennings. Die Showmax-program, Tali's Wedding Diary was ook een van die groot wenners van die aand, met 5 toekennings in die Komedie-kategorieë. Lees deur die volledige lys van wenners hier.

Gebruik die #SAFTAS13 hutsmerk om meer te sien van die naweek se toekennings op FacebookTwitter en Instagram.