Logo

Ghoema-musiekpryse: Benoemdes vir 2016

Nuus
16 Maart 2016
Op Maandag 25 April 2016 sal die ganse Afrikaanse musiekbedryf by die Joburg-teater byeenkom om te hoor wie vanjaar as wenners uit die stryd om die gesogte Ghoema-musiekpryse tree.
Ghoemas 2016 Logo 01

Op Maandag 25 April 2016 sal die ganse Afrikaanse musiekbedryf by die Joburg-teater byeenkom om te hoor wie vanjaar as wenners uit die stryd om die gesogte Ghoema-musiekpryse tree.

Die Ghoemas is reeds gevestig as die enigste onafhanklike toekennings vir Afrikaanse musiek, en word trots ondersteun deur kykNET.

Vanjaar se toekenningsaand gaan behoorlik swierig en opwindend wees, met optredes deur van ons land se top-kunstenaars, soos Elvis Blue, Steve Hofmeyr, Karlien van Jaarsveld, Blackbyrd, HemelBesem, Brendan Peyper en Andriëtte.

Kategorie-aanbieders sluit bekende gesigte in die Afrikaanse vermaakbedryf in, soos Bravo! se Robbie Kruse, Die GROOT Ontbyt se Johrné van Huysteen, 7de Laan se Theordore Jantjies en die akteur Jody Abrahams.

kykNET se investering in die musiekbedryf is jaarliks merkwaardig en die kanaal tree vanjaar vir die vyfde agtereenvolgende jaar op as hoofborg van die Ghoemas, met Groot FM as die trotse radio-uitsaaivennoot. Ghoema 2016 verwelkom ook weereens Arthur Kaplan Jewelers as sêkondere borg van vanjaar se toekennings, en ons beslis opgewonde om ’n pad saam met hierdie gevestigde handelsmerk te stap.



Hier is die volledige lys van benoemdes:

B MANLIKE KUNSTENAAR VAN DIE JAAR

B1 ELVIS BLUE
B2 RETIEF BURGER
B3 RAY DYLAN
B4 LEN MULLER
B5 BRENDAN PEYPER
B6 FRANCOIS VAN COKE
B7 ANDRIES VERMEULEN
B8 BOK VAN BLERK

C VROULIKE KUNSTENAAR VAN DIE JAAR

C1 ANDRIËTTE
C2 JUANITA DU PLESSIS
C3 CARIKE KEUZENKAMP
C4 LEAH
C5 KARLIEN VAN JAARSVELD

D GROEP VAN DIE JAAR

D1 AFRIKAANS HERLAAI
D2 ANDERS
D3 DIE KELBERS
D4 SAARKIE
D5 SPOEGWOLF

E BESTE LIEDJIE VAN DIE JAAR

E1 Kurt Darren/Don Kelly/Marc Brendon – EK WENS VIR JOU (opgeneem deur Kurt Darren)
E2 Elvis Blue – DIE HEMEL (opgeneem deur Elvis Blue)
E3 Pierre Greeff/Riana Nel – DOEN NET WAT ONS WIL (opgeneem deur Die Heuwels Fantasties, ft. Riana Nel)
E4 Johan Vorster/Ewald Coleske – MET JOU KLERE AAN (opgeneem deur Leah)
E5 Francois van Coke/Karen Zoid – TOE VIND EK JOU (opgeneem deur Francois van Coke ft. Karen Zoid)

G NUWELING VAN DIE JAAR

G1 AFRIKAANS HERLAAI
G2 LEAH
G3 LEN MULLER
G4 NAGLIGTE
G5 BRENDAN PEYPER
G6 STIAAN REYNIERSE

H BESTE POP-ALBUM DEUR  ’N MANLIKE KUNSTENAAR

H1 Dewald Dippenaar – Een uit ’n miljoen
H2 Ray Dylan – Reg hier in die middel
H3 Joe Foster – Hartklank
H4 Vaughan Gardiner – Sit vanaand op herhaal
H5 Brendan Peyper – Stop, wag, bly nog ’n bietjie

I BESTE POP-ALBUM DEUR ’N VROULIKE KUNSTENAAR

I1 Juanita du Plessis – Toe staan die wêreld stil
I2 Liila – LosDANS
I3 Samy – Storieboek prins
I4 Karlien van Jaarsveld – My hartjie

J BESTE KONTEMPORÊRE ALBUM DEUR ’N MANLIKE KUNSTENAAR

J1 Elvis Blue – Êrens in die middel van nêrens
J2 Jak de Priester – Ek reis na gister
J3 Louis Loock – Skatkis / Tesoro
J4 Bok van Blerk – Sing Afrikaner sing
J5 André Venter – Die man vir jou

K BESTE KONTEMPORÊRE ALBUM DEUR ’N VROULIKE KUNSTENAAR

K1 Andriëtte – Pêrel vir ’n kroon
K2 Carike Keuzenkamp – 5 Dekades van
K3 LEAH – Wonderwerk
K4 Sorina – Hoofletters
K5 Jennifer Zamudio – 15 Jaar Spesiale Uitgawe

L BESTE ALBUM DEUR ’N DUO OF GROEP (POP/KONTEMPORÊR)

L1 Afrikaans Herlaai – Hier kom ’n ding
L2 Anders – #ek onthou
L3 Heuning – Drome
L4 Krone (verskeie kunstenaars) – Krone 3
L5 Saarkie – Reisiger

M BESTE GEESTELIKE ALBUM

M1 Die Tyd is Nou – Dewald Gouws
M2 Dankie Heer – Manie Jackson
M3 Manne wat Glo 2 – Manne wat Glo
M4 Mighty Men – Retief Burger
M5 Nou en Veraltyd – Retief Burger

N BESTE KINDERALBUM OF -DVD

N1 Bennie Boekwurm – Vertel lekker stories (CD)
N2 Carike Keuzenkamp – Carike, Ghoempie en Ghoegoe se vakansie vol 11. (DVD)
N3 Clarice en die Reënboogkidz – Clarice en die Reënboogkidz (DVD)
N4 Jan de Wet – Jan de Wet en die Loflaaities: Loof Jesus (DVD)
N5 Liane Heyl – Kersfees vir die kids (DVD)

O BESTE ALTERNATIEWE ALBUM

O1 Laurinda Hofmeyr – Wat ek wou sê
O2 Nagligte – Hoop in die donker
O3 Spoegwolf – Somer

P BESTE ROCK-ALBUM

P1 Anton Botha Band – Plek hier in die son
P2 Francois van Coke – Francois van Coke
P3 Saarkie – Reisiger
P4 Stiaan Reynierse – Sonde
P5 Wit Kasteel – Wit Kasteel

Q BESTE HUMOR-ALBUM

Q1 Andries Vermeulen – Kô lag ’n bietjie
Q2 Armand Steenkamp – Ek kan nie dans, maar ek kan vry
Q3 Thys die Bosveldklong – Looks is nie alles nie

R BESTE INSTRUMENTELE ALBUM

R1 Die Kelbers – Tydsaam
R2 Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels – Weskus Snare
R3 Klipwerf Hantam – Tydloos
R4 Rocco de Villiers – Beautiful beautiful hymns

S BESTE MUSIEKVIDEO

S1 Bobby van Jaarsveld – Beter helfte (Regie: Ryan Kruger)
S2 Elvis Blue – Die hemel (Regie: Ryan Kruger)
S3 Elvis Blue – Êrens in die middel van nêrens (Regie: Gerhard van Rooyen)
S4 Karlien van Jaarsveld – Geskeurde jeans (Regie: Gerhard van Rooyen)
S5 Nadine – Tyd (Regie: Gerhard van Rooyen)
S6 Snotkop – Hiekies in Hartenbos (Regie: Kyle Lewis)

T BESTE LIEDJIESKRYWER

T1 Andriëtte / Don Kelly / Adolf Vorster
T2 Brendan Peyper / Neil Schoombee
T3 Elvis Blue
T4 Jak de Priester
T5 Juanita du Plessis

U BESTE VERVAARDIGER

U1 Danny Smoke
U2 Danny Smoke & Murray Lubbe (Kollektief)
U3 Dirk van Niekerk
U4 Fred den Hartog
U5 Juanita du Plessis
U6 Murray Lubbe
U7 Robin Kielly

V BESTE LIVE DVD

V1 Die Campbells – Babsfontein Live
V2 Karen Zoid en Francois van Coke – Karen Zoid en Francois van Coke: Toe vind ek jou
V3 Laurika Rauch en Elvis Blue – Hart en see

Om te stem, SMS slegs die kode (byvoorbeeld C4, B3 of H5) na 39953. Dit kos R1,50 per SMS en slegs 20 stemme per unieke selfoonnommer sal toegelaat word. Jy het tyd tot 8 April 2016 om 12:00 om te stem.

Kaartjies vir die Ghoemas-aand by die Joburg-teater op 25 April 2016 is beskikbaar by WebTickets. Klik hier om te bespreek.

Klik hier om die Ghoemas se webblad te besoek.

Hou kykNET se webblad en sosiale media platforms dop vir meer nuus. Twiet ons gerus by @kykNETtv en gebruik die hutsmerk #Ghoema2016.