Logo

Gesondheid en skoonheid met Moria

Nuus
25 Junie 2015
Die agtste seisoen van die skoonheid- en gesondheidsreeks Maatband skop op 7 Julie op kykNET af.
moria 6

Die agtste seisoen van die skoonheid- en gesondheidsreeks Maatband skop op 7 Julie op kykNET af.

Die hoofuitsending is Dinsdae om 17:30 op kykNET, met verskeie herhalings op sowel kykNET as kykNET & Kie.

In hierdie reeks ondergaan twee Maatband-kykers, die ma-en-dogter-span Meisie en Mercia, ’n opwindende oormaaksessie. Oor ’n tydperk 13 weke ontvang hulle spesiale behandelings van Filorga, wat velskraping, ontgifting, ’n gewigsverliesprogram en talle ander prosedures en kure insluit, om hulle teen die einde van die reeks viets en skraal te laat. Die kosmetiese tandheelkundiges 12Smile sorg boonop vir blinknuwe glimlagte.

Ons bekyk ook verskeie nuwe produkte van Sontal, wat beloof om jou regdeur die jaar fiks, skraal en gesond te hou.

Ons ondersoek ongewone maniere waarop jy fiks kan bly, en deel smoothie-resepte vir verskillende gesondheidstoestande en noodhulpwenke vir krisissituasies by die huis.

Aanbieder Moria Sewald beproef boonop verskeie mediese prosedures, en ons gesels oor wenkbrou-inplantings, die mediese gebruike van Botox, chroniese moegheid, en vele meer.

Besoek Maatband se webblad vir meer inligting en ’n volledige lys van uitsaaitye.