Logo

‘'n Mens se gesondheid is meer as jou simptome’ – Medies

Nuus
08 Augustus 2023
Dr Darren Green gesels oor sy lewe agter-die-skerms en lug ons in waarom dit gevaarlik is om jou simptome te Google.
Dr Darren Green

Op Dinsdae-aande hoor kykers oor verskillende mediese ontwerpe en siektes, met Dr Darren Green in die gasheer-stoel. Die realiteitsprogram, Medies, wat vanaf Dinsdag 8 Augustus 2023 ‘n skeduleeringsverandering kry na 21:00 op DStv-kanaal 145, maak seker dat kykers goed ingelig word, want kenners word ingebring vir spesifieke ontwerpe.

kykNET se digital span het met Dr Green gesels oor sy ervaring op Medies, lesse wat hy geleer het op die TV-reeks, en vind ook uit oor sy lewe agter-die-skerms.

Kan jy ’n paar hoogtepunte met ons deel wat jy gehad het op “Medies” veral waar jy iets nuuts geleer het as ’n dokter? En, het daar ooit enige snaakse oomblikke agter-die-skerms gebeur?

Daar was al ‘n hele paar snaakse oomblikke.

In die vroeë seisoene het ek nie geweet dat hulle my nog afneem terwyl die “credits” rol nie – (een dag) toe maak ek lekker grappies oor die testikulere self ondersoek. Later het “Catch up” (DStv Streaming) het my gewys en geleer!

Mens leer so baie van pasiënte oor menswees en opregtheid. Ek vind dikwels dat daar ongelooflike potensiaal vir groei is wanneer mens “vulnerable” is. In ons beroep moet dokters nie bang wees om ook hulle ‘menswees’ te wys nie.

Empatie is ‘n baie belangrike karakter eienskap vir medici om te leer en inkorporeer. Dokters kan ook mee gemaklik voel om soms te sê: ‘Ek weet nie’,  of  ‘ek is onseker’.

 

Wat geniet jy om te werk op “Medies”?

Eerstens my interaksie met die gesoute produksiespan van Homebrew Films by Atlantic Studios, en ongelooflike voorreg om te kan werk met topklas inhoudskrywers soos Annemie Lombard and Hein Scholtz, maak die reis baie aangenaam. Ons beplan fyn en “brainstorm” ‘n hond uit ‘n bos uit!

Die opwinding om aktuele mediese onderwerpe te te kan raakvat en oordra is een van my talente. Ek beskou dit as ‘n groot voorreg om die massas te kan help en oplei met “crucial” lewensveranderende wenke.

Die forum is gemik op die mens op straat, maar medici kan ook ‘n ding of twee daaruit leer. Wat vir my uitstaan is daardie perfekte balans van kundigheid in geneeskunde onderwerpe en die eenvoudige en praktiese manier van kompleks begrippe oordra. 

Mense van George, Upington, Bloemfontein en selfs Namibië stop my gereeld op straat en in winkels en gee terugvoer oor waardevolle inligting – hulle dankbaarheid inspireer my regtig baie.

 

Hoekom sou jy mense aanraai om “Medies” te kyk?

Die program is opwindend, vermaaklik, uniek in sy klas en bied altyd iets nuuts om te leer – die inhoud sorg vir lekker “het jy geweet ?” braai of tee partytjie geselsies.

Die pasient stories en persoonlike ervaring sorg dat mens “connect” en amper jou in leef in ander se ervarings. Die styl van my onderhoude met pasiënte toon die rou menslike ervaring, frustrasie, angs en passie wat bydra tot gemeenskaplike waardes en vrese.

 

Watter gesondheidsroetine of “habits” volg jy gereeld?

“Habits” begin met basiese fondasie in gesondheid: slaap, eetgewoontes, aktiwiteite and dan “mindfulness” vir fokus en stres vermindering.

My roetine word aangehelp deur my vrou, Monique, wat my dikwels herinner om die TV af te sit. Volwassenes behoort tussen sewe tot nege ure slaap in te kry.

 As dit kom by kos, het ek ‘n swakheid en sterk drang vir “chillies” en sterk kosse – dit is vir my soos ‘n spa of sauna ervaring en vorm die hoeksteen van my dopamine brein hormone. Hawermout is fantasties en bly die kos van wenners – dis goed vir bloedglukose vlakke en vesel – sonder die suiker, stroop of heuning natuurlik.

Moenie kitskosse die norm maak nie, maar die uitsondering – tuisgemaakte, gebalanseerde maaltye wat vooraf beplan word sal jou beide lewensjare en geld spaar.

‘n Groot denkfout is oor die alles of niks beginsel by oefening – stap om die blok na etes hou ook gesondheidsvoordele in. Ons fouteer dikwels om te dink as ek nie 45-60 min kan oefen nie, is dit nie die moeite werd nie. Onthou, dans en berg uitstappies tel ook as oefening, mens besef dit nie altyd nie.

My stres hantering behels gereelde “mindfulness moments”, wandelstappies in die natuur en natuurlik musiek – musiek verander my energievlak en gemoed sommer net daar. ‘n Dankbaarheid-dagboek en gereelde speel en lag met my kinders help ook verskriklik baie.

Diep gesprekke met my vrou en gereelde self-refleksie oor die dinge in die lewe in my wat regtig saak maak  gee moed en krag vir die volgende dag. My geloof is sentraal tot my lewe en die strewe na ‘n lewe met betekenis.

 

Jy is 'n Mediese Bestuurder vir Corporate Events en jy oorsien verskeie sportgeleenthedes. Gaan jy vanjaar deelhê om mediese ondersteuning te bied vir die sportspanne veral tydens die Rugby Wêreldbeker?

In my posisie tree ek gereeld op as die Hoof Toernooi Mediese Beampte vir groot sport byeenkomste soos die British & Irish Lions Tour, die World Rugby U20 Championship, World Rugby Sevens Series, Cape Town Cycle Tour, Cape Town Marathon, FNB Wines2Whales and Absa Cape Epic sowel as die Sunshine Tour Gholf toernooie in Suid Afrika.

Ek gaan besig wees met die CT Marathon en “trails runs”, Women’s World XV rugby en FNB Wines2Whales bergfiets-reeks tydens Oktober, so ek gaan ongelukking nie die Rugby Wêreldbeker in Frankryk kan bywoon nie.

Ek is bevoorreg om deel te wees van die World Rugby Faculty vir opleiding in Suid Afrika, waar ons ‘n span dokters en medici streng oplei volgens ‘n internasionale standaard in noodsorg vir rugby met die fokus op effektiewe “Concussion and Spinal Injury” protokolle.

 

Is dit gevaarlik om advies/ raad te kry vir jou mediese kondisie op sosiale media, veral Facebook-groepe?

Dit kan baie gevaarlik wees – mens kry nie altyd akkurate, topaslike “evidence-based’ inligting. Die groot risiko is dat die krag van menings en persepsie dikwels na mens se emosies speel en soms word basiese kern begrippe misgekyk.

Dit verstom my hoe baie mense, met geen kwalifikasie of ervaring in ‘n vakgebied hulle uitlatings adverteer – al is dit eensydig en nie ordentlik nagevors nie.

Wees maar versigtig vir vinnige/kits oplossings. If it sounds too good to be true, it usually is. Dit ontstel my wanneer besighede prooi op kwesbare mense en pasiënte.

 

Wat is die gevaar om jou simptome van jou siekte te Google?

Mens se gesondheid is MEER as jou simptome – die kundigheid om simptome en tekens raak te sien en uit te lok met onderhoud en ondersoek is hier belangrik. Die leidrade is veelvuldig en benodig akkurate interpretasie en flikse optrede soms.

Die interpretasie van simptome binne die individu se konteks is waar die ‘magic’ lê.

Enige opgeleide medici dra kennis van die belangrike “Look, Listen and Feel” benadering tot pasiënte. Insig geteikende geskiedenis, volledige en deeglike fisiese en sielkundige ondersoek en dan spesiale toetse vorm als deel van die volledige evaluering van pasiënte. Konteks is dus van kardinale belang – ek glo dokters bied op hierdie die stadium nog baie vir genesingsproses.

Daar is ook bewyse van die rol wat die fisiese kontak en aanraking speel in die genesingsproses.

 

Hoekom moet mens nie vir dokters via raad vra op sosiale media nie? 

Hulle het nie jou volle prentjie nie – beperkte inligting kan lei tot ‘n vinnige/verkeerde diagnose. Dit verskil van ‘n ordentlike aanlyn-onderhoud met ‘n pasiënt. Ons kyk ook na die waarskuwingtekens soos jou observasies (bloedruk, polse, ritmes, temperatuur en urine analise ensovoorts). Ons is opgelei om baie fisiese tekens op te tel, soos byvoorbeeld hand letsels en veltekens van ander sistemiese siektes.

 

Deesdae is daar baie “scams” aanlyn. Is daar enigiets waarteen jy sal graag mense wil waarsku?

Dit verstom my hoe baie mense, met geen kwalifikasie of ervaring in ‘n vakgebied hulle uitlatings adverteer – al is dit eensydig en nie ordentike nagevors nie.

Wees maar versigtig vir vinnige/kits oplossings wat belowe. If it sounds too good to be true, it usually is. Dit ontstel my wanneer besighede prooi op kwesbare mense en pasiënte.

 

Maak seker jy skakel in vir Medies op Dinsdae om 21:00 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145.