Logo

Gerrie leef sy vierde reis

Nuus
15 Maart 2016
Die reisprogram Leef jou reis, met Gerrie Pretorius as aanbieder, keer op Maandag 4 April 2016 om 21:00 terug na die kassie vir ’n vierde seisoen.
Leef jou Reis 4 Nuus 01

Die reisprogram Leef jou reis, met Gerrie Pretorius as aanbieder, keer op Maandag 4 April 2016 om 21:00 terug na die kassie vir ’n vierde seisoen.

Kykers is nou al gewoond aan Gerrie se soms alternatiewe manier van reis, en kan uitsien na nóg avonture en nuwe bestemmings.

Réunion-eiland huisves een van die mees aktiewe vulkane ter wêreld, wat Gerrie natuurlik vir ons gaan wys.

34 leef jou reis 4 nuus 04


Verder wag daar ’n 4x4-tog deur Malawi, ’n indrukwekkende reis tot by Zimbabwe se Mana-poele, Indië se fees van kleure en die tuiste van Tolkien se Lord of the Rings, Nieu-Seeland.

Hy wys ons boonop presies watter paaie om in die Wildtuin en Kgalagadi te ry, hoe om deur ons eie land met ’n trein te toer en ons gaan kyk saam met hom blomme in Namakwaland.

As jy al ooit gewonder het hoe lyk dit in Kroasië, beter jy ook ingeskakel bly! Vanjaar is propvol besonderse reise en wag daar ook ’n enorme prys vir een gelukkige kyker!

34 leef jou reis 4 nuus 03

34 leef jou reis 4 nuus 02

34 leef jou reis 4 nuus 01



Kyk hier na die voorskou:



Verbreed jou wêreld met Leef jou Reis, vanaf 4 April 2016 op Maandae om 21:00.