Hollywood in my Huis is vir die eerste keer by die kykNET Silwerskermfees gewys, en híér as die kenners en die gehoor se gunsteling vereer.
Dié fliek was deel van kykNET se fliekpieknieks by die Absa KKNK, en dit was die eerste keer wat die fliek van voor tot agter met die publiek gedeel is. Hollywood in my Huis tref die silwerdoek op 26 Junie 2015.
Lees meer oor die fliek hier.
Hoofspelers Christia Visser en Edwin van der Walt het saam met die regisseur, Corne van Rooyen, en vervaardiger, Saskia Schiel, besluit om sommer ’n toer daarvan te maak en almal het saam die pad Oudtshoorn toe aangepak.
Dit was sommer vet pret gewees! Christia en Edwin het ook as aanbieders opgetree by die kykNET Musiekverhoog, die Kokkedore het die span met ’n feesmaal bederf en van oral oor het aanhangers kom groet. Die hoogtepunt was natuurlik die fliekpiekniek. “Hoe lekker was dit nie om die fliek vir die eerste keer met ’n gehoor te kon deel nie!” sê Van Rooyen.
Die Hollywood in my Huis-span wens weereens vir Gazelle Avenant geluk (sy was die wenner van die aand se geskenkpakkie) en bedank almal wat die aand saam met hulle kom deel het
Kliek hier om ’n video van die span by die KKNK te kyk.