Logo

Kyk bekroonde Fokofpolisiekar-dokkie op ShowMax

Nuus
24 Januarie 2017
Fokofpolisiekar: Forgive Them For They Know Not What They Do is vanaf 23 Januarie 2017 eerste en eksklusief op ShowMax beskikbaar.
Fokofpolisiekar op ShowMax

Fokofpolisiekar: Forgive Them For They Know Not What They Do is vanaf 23 Januarie 2017 eerste en eksklusief op ShowMax beskikbaar.

Dié dokkie oor die groep wat kultusstatus bereik het en die Afrikaanse musiektoneel hervorm het, is oor ’n tydperk van vier jaar verfilm.

Regisseur Bryan Little van Fly on the Wall het in 2003 begin om die opkoms van die vyf vriende van Bellville te dokumenteer wat die (op daardie stadium lagwekkende) idee gehad het om ’n Afrikaanse punk band te begin.

“Dis alles daar. Die partytjies, die doodsdreigemente, die rise and fall! Lolzzz…” sê Fokofpolisiekar se Hunter Kennedy. “Ek dink Fly on the Wall het dit reggekry om werklik die gees van daardie era vas te vang en te behou. Hierdie film is ’n tydmasjien vir my. By tye ’n verleentheid en dan weer exhilarating.”

Die dokumentêr sal jou terugneem in tyd terwyl dit die storie vasvang van ’n jong band wat probeer om ’n lewe te maak uit musiek in Suid-Afrika, en ’n nuwe generasie Afrikaners wat die kultuur bevraagteken wat iets so walglik soos Apartheid kon voortbring.

Ten tyde van die oorspronklike vrystelling in 2009 het die dokkie die Audience Award by die Encounters Dokumentêre-fliekfees gewen, dit is by die toonaangewende International Documentary Festival Amsterdam (IDFA) vertoon, is regoor Suid-Afrika in fliekteaters vrygestel, en het die aandag van internasionale media soos Dazed getrek.

Die dokumentêr het ’n hele paar loopbane ’n hupstoot gegee. Little het later die regie van U2 se musiekvideo vir “This Is Where You Can Reach Me Now” gedoen, terwyl sy dokumentêr African Cypher die Audience Award by Encounters en die paneelprys by die Durban Internasionale Filmfees gewen het.

Redigeerder Wim Steytler het self regisseur geword en in 2014 die CFP-E/Shots Young Director Award by Cannes Lions gewen. Die fotografiese hoof (DOP) Grant Appleton het as kameraman op internasionale reekse soos Homeland en Black Mirror gewerk, en aan flieks soos Chronicle.

Saam met die vrystelling van die dokumentêr op ShowMax gaan die ouens ook binne die volgende paar maande ’n skarebefondsingsveldtog loods wat geld sal invorder om hulle eerste vollengte album sedert 2006 op te neem. Die album sal later vanjaar vrygestel word.

Lokprent


Kyk dit hier. Vir meer inligting besoek Fly on the Wall of Fokofpolisiekar.

Resensies


“Dit gaan letterlik die fans wegblaas. Dis ’n sosio-politiese tydskapsule wat 20 jaar van nou af selfs ’n meer interessante terugblik gaan bied. As jy ’n Suid-Afrikaner is wat van rock-musiek hou is dit ’n moet-sien.” – Spling.

“Vir rock ‘n’ roll voyeurs is dit onmisbare kykgenot… ’n Landmerk.” – Channel24.

“Vang die manier vas waarop dié opspraakwekkende band ’n stem gegee het aan ’n generasie jong Afrikaners wat ontnugter was deur die kerk, die staat en die erfenis van Apartheid.” – The Callsheet.

“Vir fans van die band is hierdie die Heilige Graal.” – IMDB review.

Oor ShowMax


ShowMax is ’n internet-TV-diens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kan jy onbeperkte toegang verkry tot ’n reuse katalogus van TV-programme, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en stop net wanneer jy wil. Geen advertensies. Kanselleer enige tyd – daar is geen kontrak nie.

Stroom ShowMax deur middel van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars en mediaspelers. ShowMax werk ook met Chromecast en AirPlay. Beheer jou dataverbruik met behulp van die bandwydte-beperkingsfunksie. Geen internet? Geen probleem. Jy kan tot 25 programme op slimfone of tablette aflaai om later te kyk.

ShowMax is in 2015 gebore en vorm deel van die Naspers-groep. ShowMax is tans beskikbaar in 65 lande. Vir ’n gratis proeflopie sonder enige risiko, besoek www.showmax.com.