Logo

Flits: Wen Aardklop-kaartjies

Nuus
27 September 2017
Een gelukkige kyker kan Aardklop-kaartjies losslaan deur in te skakel op Flits!
Aardklop_new2_2017

Een kyker staan die kans om ’n Aardklop-kaartjiepakket te wen. Die prys bestaan uit twee weekskaartjies vir die fees, asook twee toneelkaartjies vir Nêrens Noord-Kaap. Om in aanmerking te kom, maak seker jy skakel in vir Flits op Donderdag 28 September om 22:00!

Bepalings en Voorwaardes:

1)  ’n Kompetisie word op 28 September 2017 tussen 22:00 en 22:30 op kanaal 144 uitgesaai.
2)  SMS die sleutelwoord “AARDKLOP” na 34689.
3)  Die koste van ’n SMS-inskrywing beloop R1,50.
4)  Die kompetisie sluit op Vrydag 29 September om 20:00.
5)  Die prys is nie verhandelbaar nie.
6)  Die prys sluit die volgende in: Een kyker staan die kans om ’n Aardklop-kaartjiepakket te wen. Die prys bestaan uit twee weekskaartjies vir die fees, asook twee toneelkaartjies vir Nêrens Noord-Kaap.
7) Die prys sluit enige addisionele kostes uit, insluitend die volgende, en is alles vir die wenners se persoonlike onkostes: Addisionele etes en drankies, persoonlike uitgawes, vervoer, verblyf, enige onkostes aangegaan om die kaartjies op te eis, asook enige ander aktiwiteite.
8)  Slegs geldig vir kykers in Suid-Afrika.
9)  Die vervaardiger behou die reg om op kort kennisgewing te kanselleer.
10)  Indien die kompetisie gekanselleer word, is Idea Candy, die program, of kykNET nie verantwoordelik vir die prys of koste verbonde aan die kompetisie nie.
11) Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
12) Wenners word blindweg gekies deur ’n rekenaar en ’n kykNET-verteenwoordiger (of Aardklop-verteenwoordiger) sal die wenner telefonies of per e-pos in kennis stel.
13) Dieselfde persoon kan net een keer wen.
14) Die kykNET-verteenwoordiger se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
15) Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hulle persoonlike inligting aan ons verskaf om die prys te mag opeis.
16) Die pryse is nie vir kontant omruilbaar nie.
17) Deur vir die kompetisie in te skryf, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
18) Wenners jonger as 18 jaar moet toestemming by hul ouers of voog verkry vir deelname.