Logo

Fiëstas: Hier is die benoemdes

Nuus
27 November 2015
Die Fiësta-toekennings word op 18 Februarie 2016 by ’n glansgeleentheid by die Staatsteater in Pretoria oorhandig. Hier is al die benoemdes.
FIESTAS LOGO

Die benoemings vir kykNET se Fiëstas is onlangs op Flits aangekondig. Die Fiëstas is die enigste toekennings in sy soort in Suid-Afrika en akteurs, regisseurs, skrywers, musikante en visuele kunstenaars word sedert 2011 vereer vir hul uitsonderlike werk by die land se grootste kunstefeeste.

Die Fiësta-toekennings word op 18 Februarie 2016 by ’n glansgeleentheid by die Staatsteater in Pretoria oorhandig. Die seremoniemeesters vir die aand is Pierre Breytenbach en June van Merch en Deon Lotz, Rozanne McKenzie, Leandie du Randt, Erik Holm en Marlo Minnaar sal as gas-aanbieders optree.

Volg die aksie regstreeks op 18 Februarie om 20:00 op DStv-kanaal 144, sowel as op Facebook en Twitter. Gesels saam deur die hutsmerk #Fiestas te gebruik!

Beste akteur
Albert Pretorius ‒ Buite Blaf die Honde Swart (KKNK)
André Odendaal ‒ Skuldeiser (Woordfees)
Stian Bam ‒ In Glas (KKNK)
Wilhelm van der Walt – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Beste aktrise
Anna-Mart van der Merwe  – Skuldeisers (Woordfees)
Milan Murray – Amper, Vrystaat (Vrystaat)
Sandra Prinsloo ‒ Die Dag is Bros (Innibos)
Tinarie van Wyk Loots ‒ Hemelruim en In Glas (Aardklop en KKNK)

Beste manlike byspeler
Dean Smith – Die Dag is Bros (Innibos)
De Klerk Oelofse – Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)
Louis van Niekerk – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Loukmaan Adams – Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)

Beste vroulike byspeler
Greta Pietersen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Nicola Hanekom – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Tinarie van Wyk Loots – Buite Blaf die Honde Swart (KKNK)
Wilna Snyman – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Beste regie
Christiaan Olwagen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Jaco Bouwer – Santa Gamka (KKNK)
Nico Scheepers – Amper, Vrystaat (Vrystaat)
Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)

Beste teaterontwerp
Birrie le Roux – Skuldeiser (Woordfees)
Christiaan Olwagen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Nico Scheepers – Amper, Vrystaat en Die Dag is Bros (Vrystaat en Innibos)
Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)

Beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie
Amanda Strydom – Amanda Strydom: Die Hele Boksemdaais (KKNK)
Laurika Rauch – Nie As Ek Sing Nie: Laurika Rauch (Aardklop)
Margit Meyer-Rödenbeck (konsep) ‒ Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)
Schalk Joubert (musiekregie) – Al Lê die Berge Nog So Blou (KKNK)

Beste spel in ’n solo-vertoning
Gys de Villiers – Elsie se Nommers (Innibos)
Marion Holm – Die Kaap is Weer Holms (KKNK)
Marlo Minnaar – Santa Gamka (KKNK en SOF)
Wessel Pretorius – Adam 2 (Woordfees)

Beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie
Eben Venter, Marlo Minnaar en Jaco Bouwer – Santa Gamka (KKNK en SOF)
Nico Scheepers, Cintaine Schutte, Milan Murray en Antoinette Louw – Amper, Vrystaat (Vrystaat)
Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)
Wessel Pretorius – Die Dag is Bros (Innibos)

Beste prestasie in klassieke musiek
Esthea Kruger – Rising Star (Woordfees)
Kaapse Jeugkoor onder leiding van Leon Starker – Na Waters Waar Rus Is (Woordfees)
US-koor onder leiding van André van der Merwe – US-koor (Woordfees)
Zanne Stapelberg en Odeion-strykkwartet –  Odeion-strykkwartet met Zanne Stapelberg (SOF)

Beste prestasie in visuele kuns
Alex Hamilton – Jou Daaglikse Dosis en Opskiet by die Museum (Aardklop en Woordfees)
Nathani Luneburg – As die Vlooie Byt in La La Land (KKNK)
Sanell Aggenbach – Atopia (Aardklop)
Sandra Hanekom – Die Burger 100 Jaar-uitstalling (SOF)

Beste musiekgedrewe produksie
Al Lê die Berge Nog So Blou (KKNK)
In die Grond van die Wind (Aardklop)
Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)
Nie As Ek Sing Nie: Laurika Rauch (Aardklop)

Beste aanbieding
Amper, Vrystaat (Vrystaat)
Die Dag is Bros (Innibos)
In Glas (KKNK)
Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Die drie persone wat by die Fiëstas vir hul lewensbydrae vereer word, is Lida Botha (teater), Ronnie Samaai (musiek) en Pieter Fourie (woordkuns).

Die toekenning vir die gewildste fees asook die Blou Stoel-toekenning word by die toekenningsaand bekend gemaak.

Die wenners in 2015 was:

Gewildste fees: Aardklop
Beste aanbieding: Bloed en Rose (Aardklop)
Beste regisseur: Marthinus Basson vir Bloed en Rose (Aardklop)
Beste aktrise: Rolanda Marais vir Dogma en Die Seeumeeu (KKNK en Aardklop)
Beste  akteur: Albert Pretorius vir Die Seeumeeu en Playland (Aardklop en Suidoosterfees)
Blou Stoel-toekenning: Saartjie Botha vir die vertaling van Die Seeumeeu en die verwerking van Die Rolbalspeler
Beste opkomende kunstenaar: Richard September vir Rondomskrik (KKNK)
Teaterontwerp: Jaco Bouwer vir Poskantoor en Samsa-masjien (Aardklop en KKNK)
Beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie: Emo Adams vir Finding Emo
Beste vroulike byspeler: Lee-Ann van Rooi vir Rondomskrik (KKNK)
Beste manlike byspeler: Stian Bam in Bloed en Rose (Aardklop)
Beste solo-vertoning: Frank Opperman vir Die Klaagliedere van ds. Tienie Benade
Beste prestasie in visuele kuns: Gerhard Marx vir The Garden at Night (Aardklop)
Beste prestasie in klassieke musiek: Braam du Toit vir Poskantoor (Aardklop)
Beste musiekproduksie: Emo Adams vir Finding Emo
Beste nuwe Afrikaanse opvoering: Christiaan Olwagen vir Dogma (KKNK)
Lewensbydrae vir teater: Marius Weyers
Lewensbydrae vir teater en woordkuns: Prof. Adam Small
Lewensbydrae vir teater en woordkuns: Wilma Stockenström
Lewensbydrae vir musiek en woordkuns: Philip de Vos