Logo

Fees vir die oë – Silwerskermfees 2019

Nuus
29 Augustus 2019
Foto’s, foto’s en nóg foto’s.
Silwerskermfees_Luan Jacobs

FOTO: Retha Ferguson 


Almal weet dat Silwerskermfees sinoniem is met Kampsbaai en Kampsbaai sinoniem is met pragtige foto’s. Maar gooi ’n paar unieke uitrustings en die room van die vermaaklikheidsbedryf hierby in, en almal wens eweskielik hulle het uncapped WiFi gehad. Kom reflekteer saam met ons op al die foto's van die 9de kykNET Silwerskermfees

Dag 1:

Die eerste dag van Silwerskermfees het die pas aangegee vir die res van die fees. En daar was ’n vibe, hoor! Die bloutapyt én teater was stampvol om die eerste vollengte film van die fees, Fiela se Kind, te ondersteun en hier is die foto’s om dit te bewys. Laai dié foto’s hier af. 

Dag 2:

Kampsbaai, jou lekker ding! Nie net het ons saam met die legendariese Arnold Vosloo gekuier nie, ons het ook skouers geskuur met diegene wat lewe gegee het aan die vollengte films Flatland en Griekwastad. Hier is 193 foto’s wat jou heimwee sal gee vir dag twee van Silwerskermfees. Laai dié foto’s​ hier af. 

Dag 3:

Wag, wat? Bestaan die lewe nie net uit springmielies en golden hour nie? Ons het met ’n skok besef dat ons nog nie gereed is om te groet nie, veral nie ná die vollengte films Die verhaal van Racheltjie de Beer en Poppie Nongena ons voete onder ons uitgeslaan het nie. Laai dié foto’s​ hier af. 

Dag 4:

Die finale film op die spyskaart was Toorbosgevolg deur die hoogtepunt van die fees: die toekenningsaand. Net so tussen ons, indien jy nie daar was nie, mag jy moontlik ernstige FOMO kry ná jy hierdie gesien het. Laai dié foto’s​ hier af. 

LEES OOK: HIER IS DIE GROOT WENNERS VAN SILWERSKERMFEES

Dis nie amptelik tot dit sosiale media-amptelik is nie. Deel jou foto met ou en nuwe vriende deur die hutsmerk #Silwerskermfees op FacebookTwitter, en Instagram te gebruik.