Logo

Familie opinie – Boer Soek ’n Vrou 13

Nuus
04 April 2021
Die boere het hierdie week hulle pasmaats se familie en vriende ontmoet en baie prys ontvang! Hier is wat die pasmaats se geliefdes gesê het oor die boere:
Screenshot 2021 04 03 at 12

Boer Niel

Chereze se ma, Cathrin, het genoem dat sy dadelik ’n warm gevoel van Niel gekry het toe sy hom ontmoet. André, Chereze se pa, het baie lekker met Niel gesels oor verskeie onderwerpe en na die ontmoeting genoem dat hy ‘mal’ is oor Niel! Chereze se vriende het opgemerk dat Niel baie gemaklik was by die braai en baie vinnig ingepas het by ’n groep vreemdelinge.

Boer Albert

Marlia se geliefdes was mal oor Albert se geselligheid en het sy energie vreeslik baie geniet. Sy het ook opgemerk dat Albert so lekker met haar ouers gesels het dat sy nie geweet het of sy kans gaan kry om te praat nie! Haar ouers het ook genoem dat sy en Albert ’n ‘goeie span’ maak en dat daar reeds ’n goeie ‘verstandhouding’ is tussen die paartjie.

Boer Déan

Marné se ouers het lekker met Déan gesels en sy algemene kennis baie geniet. Mandoleigh, ’n vriendin, het genoem dat Marné en Déan ’n baie aantreklike paartjie maak! Verder het haar geliefdes genoem dat Marné baie gelukkig lyk met Déan en day hy ’n goeie indruk gemaak het op haar ouers.

Boer Richann

René se vriend, Hugo, het genoem dat hy dink daar ’n baie goeie balans is tussen dié twee omdat Richann kalm is en René ’n ‘fiery personality’ het. Al René se geliefdes voel baie positief oor dié twee se verhouding en voel dat hulle baie goed bymekaar pas. Sandra, René se tannie, het gesê sy voel daar ‘kom ’n ding’ terwyl Marleán, ’n vriendin, genoem het dat sy dink Richann is ‘amazing’.

Bly op hoogte met wat volgende gaan gebeur deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik en gesels gerus saam op FacebookTwitter en Instagram!

As jy wil inskryf vir die opwindende 14de seisoen van Boer soek 'n vrou, volg dié skakel