Logo

Eksklusiewe Ballade vir ‘n Enkeling buitelug vertoning

Nuus
10 Maart 2015
'n Groot bederf vir diegene wat by die Woordfees​ is - die eerste eksklusiewe vertoning van Ballade vir 'n Enkeling vind plaas by die pragtige wynlandgoed, L’Avenir!
Donna Plaas

Die beeldskone Donnalee Roberts kuier reeds in die pragtige dorp van Stellenbosch. Sy vertolk die rol van Carina in die nuwe Afrikaanse film, Ballade vir ‘n Enkeling, wat eersdaag in teaters begin draai.

Diegene wat by Woordfees is, kry eerskomende Saterdag, 14 Maart 2015, die kans om hierdie film se eerste ekslusiewe vertoning by die pragtige wynlandgoed, L’Avenir, te kyk.

*Kaartjies is R50 en beskikbaar by Computicket, maar sal ook by die hek beskikbaar wees.

Hekke maak reeds om 18:00 oop.

Bring jou mense en lekker kombersie saam en kom geniet ‘n wonderlike buitelug fliekervaring.

Eet-en drinkgoed sal te koop wees.

*Lees meer oor Ballade vir 'n Enkeling, sowel as die Johannesburg premieré.

34 final poster jan 2015