Logo

Digityd: Net betyds vir die feesseisoen!

Nuus
08 Desember 2016
Die vierde uitgawe van Digityd vir 2016 is nóú op die digitale rak beskikbaar en gratis aflaaibaar op jou rekenaar of tablet.
Digityd Uitgawe 4 2016

Die vierde uitgawe van Digityd vir 2016 is nóú op die digitale rak beskikbaar en gratis aflaaibaar op jou rekenaar of tablet. Digityd, kykNET se digitale tydskrif, bring die wêrelde van nuus, vermaak en digitaal bymekaar.

Is enige van ons top-vyf boere spyt oor hul deelname aan Boer Soek ’n Vrou? Weet jy wie is President Zoid se sekretaris-generaal in Republiek van Zoid Afrika? Wat is dié vakansie op jóú leeslys? Ons gee ’n paar gawe voorstelle!

Jy kan ook meer lees oor die film Vir die Voëls, Suidooster se eerste kersie op die verjaardagkoek en Edik van Nantes 2, met ons eie #kykNETKersvader, Nataniël! Ons leer ook die chatNOU!-span beter ken en deel Bravo! se Tracey se reiswenke!

Klik hier om die nuwe Digityd af te laai.

Om in Digityd te adverteer, klik hier om die PDF af te laai: Tariefkaart Digityd